Christendom

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Christendom

Lande met Christene

Die Christendom is 'n religie wat bely dat Jesus Christus die Seun van God is en verlossing verkondig aan die volgelinge van hierdie geloof, wat as Christene bekend staan. 'n Belangrike onderdeel van die verlossing is die idee van versoening wat deur Jesus Christus bewerk is tussen God en mens en dit illustreer een van die kern karaktereienskappe van God, naamlik sy genade. Christene glo dat die toestand van die wêreld duidelik wys dat daar 'n skeiding tussen God en sy skepping bestaan. Die skeiding is veroorsaak deur sonde, oftewel eie belang, onder mense en 'n verlies aan 'n oop verhouding met hulle Skepper. Christene glo dat God as Jesus na mense uitreik sodat die skeiding tussen Hom en die mense verwyder kan word.

Die kern geloof van Christene word aangetref in die bekende vers, Johannes 3:16 - "Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê."[1] Die belangrikste deel van die Christelike geloof is die van redding, wat ook verlossing of wedergeboorte genoem word.[2] Hierdie redding is redding uit en vergifnis van sonde, en ook verlossing van hel. Die Bybel stel dit duidelik dat alle mense as sondaars gebore word[3], en dat hulle die straf vir hul sonde verdien. Dit is waarom Jesus Christus moes sterf, om die straf van sonde namens ons te neem. Christene glo daarom volgens die Bybel dat verlossing verkry word as God iemand se sonde vergewe en hom aanneem as Sy kind, wanneer die persoon in Christus glo om hom te red en sy sonde erken en bely[4].

Die Christendom is tans die religie met die grootste aantal volgelinge.[5]

Vertakkings[wysig]

Die Christendom het oor die twintig eeue van sy bestaan in baie vertakkings verdeel, onder andere:

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Johannes 3:16 - Afrikaans Ou Vertaling
  2. Johannes 3:3
  3. Romeine 3:23
  4. Romeine 10:9, 13
  5. Adherents.com