Apostoliese Geloofsending

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die AGS-kerk op Barkly-Oos.

Die Apostoliese Geloof Sending (A.G.S.) is een van die vele kerke in die Pinksterbediening. Die A.G.S. het ontstaan uit die Azusastraat herlewing van 1905 in die Verenigde State, onder die naam Apostolic Faith Mission (A.F.M.). Hulle glo eerstens in die Bybel en dat alles wat daarin staan waar is; dat mens ná bekering na Christendom gedoop word deur middel van totale onderdompeling en daarna in tale kan begin praat wanneer hulle met die Heilige Gees gedoop word. Hulle glo nie net dat mense genees kan word wanneer daar vir hulle gebid word nie, maar dit is algemeen om genesings, en ander wonderwerke te ervaar.