Cullinan-diamant

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kopieë van die diamante in die "Reich der Kristalle"-museum in Munich. Die boonste een staan as die Groot Ster van Afrika bekend.
Die imperiale staatskroon bevat die vierkantige Cullinan II of Tweede Ster van Afrika.

Die Cullinan-diamant is op 26 Januarie 1905 in die Premiermyn by Cullinan gevind deur Frederick Wells. Dit is tot op datum die grootste diamant wat ooit gevind is. Dit het 3 025 karaat geweeg. Dit was ongeveer 11 cm by 6 cm by 5 cm groot voor dit geslyp was. Wells het 'n beloning van ₤2000 gekry vir sy vonds. Die diamant is vernoem na sir Thomas Major Cullinan, die stigter van die myn. Die diamant is aan die regering van die Transvaalkolonie verkoop vir ₤150 000. Die diamant is daarna aan koning Edward VII geskenk deur die koloniale regering.

Die diamant is na twee jaar opgesny in nege groot en 95 kleiner stene. Die grootste steen is die Cullinan I van 530 karaat. Die Cullinan II is 317.4 en die Cullinan III is 94.45 karaat groot.

Voor die Cullinan-diamant gevind was, was die Excelsior-diamant die grootste.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Die 9 grootste dele van die Cullinan-diamant nadat dit vir slyping gekloof is.