Cutty Sark

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
The Cutty Sark 2005-01-24.jpg

Die Cutty Sark was 'n teeklipper wat in 1869 in Skotland gebou is. Sy het bekendheid verwerf vir die wedywering met die Thermopylae, om éérste uit Sjina terug in Londen te kom met 'n vrag tee.

Teen die 1870's het die einde aangebreek vir seilskepe, aangesien stoombote hul rol oorgeneem het. Vanaf die tyd het die Cutty Sark tussen Londen en Australië wol vervoer. Sy het die afstand in 'n tyd van 69 dae afgelê en alle daarop volgende reise word op één na binne 75 tot 80 dae voltooi. Die ander groot klipper, die Thermopylae, kon dit maar één keer in dieselfde tyd doen.

Later het die Cutty Sark bekend geword as 'n handelsnaam vir whisky en diverse seilkompetisies wat na haar vernoem is.

Die Cutty Sark is aangemeer op 'n droogdok in Londen, by die Nasionale Seevaartmuseum in Greenwich. Dit was oop vir die publiek maar is op 21 Mei 2007 byna totaal in 'n brand verwoes.

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Cutty Sark (bladsy)