Deelgebiede van Oekraïne

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Nederlandse kaart wat die deelgebiede van Oekraïne aandui.

Oekraïne is in 24 oblaste en 'n stad met spesiale status onderverdeel.

Oblaste[wysig]

Meeste van die Oekraïense oblaste (vgl. provinsies) is na hul hoofstede vernoem. 'n Belangrike uitsondering hierop is die hoofstad Kiëf, aangesien die stad nie deel van die Kiëf-oblast is nie.

Stad met spesiale status[wysig]

Kiëf is die land se hoofstad en het volgens Oekraïense wetgewing 'n spesiale status. Die stad is gevolglik nie deel van die Kiëf-oblast nie. Sewastopol het ook 'n spesiale status gehad, omdat Rusland se Swartsee-vloot daar gestasioneer is, maar is op 18 Maart 2014 saam met die res van die Krim-skiereiland by Rusland ingelyf.

Outonome Republiek van Krim[wysig]

Die eertydse Outonome Republiek van Krim op die Krim-skiereiland word veral deur Russe en in 'n mindere mate deur Oekraïners en Krimtatare bewoon. Die Krim eis op 5 Mei 1992 selfbestuur op, maar word daarna as outonome republiek erken. Na 'n referendum op 16 Maart 2014 word die republiek deel van Rusland (hoewel baie lande dit nie amptelik erken nie) en is gevolglik nie meer deel van Oekraïne nie.

Flag of Ukraine.svg Deelgebiede van Oekraïne
Oblaste  CharkifChersonChmelnitskiDnipropetrofskDonetskIwano-FrankifskLoehanskLwifMikolajifOdessaKiëfKirowohradPoltawaRiwneSaporisjaSjitomirSoemiTernopilTranskarpatiëTsjerkasiTsjernihifTsjerniftsiWinnitsjaWolhinië
 Outonome republiek  Krim
Munisipaliteite  KiëfSewastopol