Dominee

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ds. Jan Momsen lei die erediens in die NG gemeente Rondebosch op 11 September 2011, 'n dag nadat die gemeente sy 120ste bestaan gevier het.
Ds. Abraham Kriel, predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk en stigter van die Langlaagte-kinderhuis in Johannesburg wat ná sy dood sy naam gekry het.

'n Dominee (afkorting: ds.) of predikant is 'n persoon wat 'n protestantse gemeente op geestelike vlak bedien en lei.

Die woord dominee is afgelei van die aanspreekvorm domine vanaf die Latynse dominus wat heer beteken. Dominee is dan ook 'n aanspreektitel, net soos professor die aanspreektitel vir 'n hoogleraar is. Vir die aanduiding van die beroep word die woord 'predikant' gebruik.

Tipiese take wat predikante verrig sluit in:

  • Lewer preke op Sondae en by ander gewyde geleenthede;
  • Bedien sakramente, soos die doop en nagmaal;
  • Bevestig mense in die eg.
  • Doen huisbesoek, hospitaalbesoek, ens.

Sien ook[wysig]