Ebola

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ebola
Klassifikasie en eksterne bronne
Ebola virus em.png
ICD-10 A98.4
ICD-9 065.8
DiseasesDB 18043
MedlinePlus   001339
eMedicine med/626
MeSH D019142
Star of life caution.svg Mediese waarskuwing

Ebola of Ebola hemorragiese koors is 'n ernstige menslike siekte wat deur die ebolavirus veroorsaak word. Die siekte veroorsaak 'n hoë sterftesyfer en daar is geen spesifieke behandeling of medisyne teen die virus beskikbaar nie. Die siekte is skaars en kom tipies in die vorm van plaaslike uitbrekings in lande in Sentraal-Afrika voor. Die naam ebola kom van die gelyknamige rivier in die Kongo waar 'n uitbraak in 1976 plaasgevind en ebola vir die eerste keer erken en bewys is.

Simptome begin tussen twee dae en drie weke nadat die virus opgedoen is. Dit sluit koors, seerkeel, spierpyne en hoofpyn in. Simptome soos naarheid, braking, en diarree volg meestal, terwyl die werking van die lewer en niere begin afneem. Op die punt begin sommige mense probleme met bloeding te ondervind.[1]

Twee verpleegsters by Mayinga N'Seka, wat twee dae later weens ernstige inwendige bloeding oorlede is.

Die siekte word deur kontak met die bloed of liggaamlike vloeistowwe van 'n besmette dier (tipies ape of vrugtevlermuise) opgedoen.[1] Dit word nie natuurlik deur die lug oorgedra nie.[2] Daar word geglo dat vrugtevlermuise die virus versprei sonder om self daardeur beïnvloed te word. Sodra menslike besmetting voorkom, kan die siekte verder tussen mense versprei. Manlike oorlewendes kan die siekte vir byna twee maande daarna deur semen oordra.

Ten einde 'n diagnose te maak, moet ander siektes met soortgelyke simptome soos malaria, cholera en ander virale hemorragiese koors eers geëlimineer word. Bloedmonsters kan dan vir virale teenliggaampies, virale RNS, of vir die virus self getoets word om die diagnose te bevestig.[1]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 Ebola virus disease Fact sheet N°103”. World Health Organization. Maart 2014. URL besoek op 12 April 2014.
  2. 2014 Ebola Virus Disease (EVD) outbreak in West Africa”. 21 April 2014. URL besoek op 3 Augustus 2014.