Enya

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Enya
Enyasweet.jpg
Enya, 2001
Geboortenaam Eithne Patricia Ní Bhraonáin
Beroep(e) Sangeres, instrumentalis, komponis, uitgewer
Genre(s) Nuwe Era, instrumenteel, pop
Tipe stem Mezzosoprano
Aktiewe jare 1982 — hede
Uitgewer(s) Warner Music
Webwerf www.enya.com
Assosiasies Clannad
Portal.svg Musiekportaal

Enya, gebore Eithne Patricia Ní Bhraonáin (IPA: /ˈɛnʲə pəˈtrɪʃə nʲiː ˈvˠɾˠiːn̪ˠaːnʲ/), soms in die media bekendgestel as Enya Brennan, is gebore op 17 Mei 1961 in Gweedore, County Donegal (Ierland) en is 'n viervuldige Grammy-wenner as sangeres, en Ierland se topverkopende solokunstenaar. Sy sing in Engels sowel as Iers-Gaelies, en soms gebruik sy net basiese stemme en lettergrepe, met geen noodwendige betekenisse. Die gelyknamige groep Enya bestaan eintlik uit drie mense: Enya self (Eithne Ní Bhráonain), Roma Ryan (liriekestryfster) en Nicky Ryan (produseerder). Enya Brennan is 'n fonetiese benadering van hoe haar Keltiese naam Eithne Ní Bhráonain uitgespreek word.

Enya het by die musiekgroep Clannad aangesluit in 1980, waaronder van die ander lede was haar susters Máire Brennan en Moya Brennan, en broers Pól en Ciarán Brennan. Sy het die groep verlaat kort voordat Clannad beroemdheid verwerf het met Theme from Harry's Game in 1982. Haar eie groot deurbraak het in 1988 gekom met die treffer Orinoco Flow.

Sy gebruik 'n aantal tale in haar musiek, waaronder Iers-Gaelies, Spaans, Latyn en Engels. Hoewel sy 'n Grammy-toekenning onder die kategorie "Nuwe Era" gewen het, klassifiseer sy nie haar musiek as sulks nie.

Enya het in 2001 die lied May it Be, wat spesiaal gemaak is vir die aftiteling van die film The Lord of the Rings: The Fellowship of the Ring. In 2006 het sy na Nederland gegaan om op te tree in die TV-program Max & Catherine, waar sy 'n toekenning ontvang omdat sy een miljoen albums in Nederland verkoop het.

Wêreldwyd het Enya al meer as 50 miljoen albums verkoop.

Albums[wysig]

Enya: The Video Collection bevat ál Enya se musiekvideos en snitte van regstreekse opvoerings. Slegs in Asië en Europa beskikbaar gestel.

Titel + VSA-trefferslysposisie

1. Enya (1987) 500 000 verkope

2. Watermark VSA#25 (1988) 9 miljoen verkope

3. Shepherd Moons VSA#17 (1991) 10,5 miljoen verkope

4. The Celts (1992) 6,7 miljoen verkope

5. The Memory of Trees VSA#9 (1995) 9,5 miljoen verkope

6. Paint the Sky with Stars VSA#30 (1997) 4,5 miljoen verkope

7. A Day Without Rain VSA#2 (2000) 14 miljoen verkope

8. Amarantine VSA#6 (2005; uitgebreide weergawe in 2006 uitgegee) 6 miljoen verkope

9. And Winter Came... VSA#8 (2008)

10. The Very Best of Enya (2009)

Albums met trefferlysnotering
Titel Datum van
vrystelling
Datum van
intrede
 Hoogste 
plek
 Aantal 
weke
 Opmerkings 
Enya 1987 onb
Watermark 1988 12-11-1988 4 33
Shepherd Moons 1991 23-11-1991 4 39 wen 'n Grammy in 1992 vir "Beste Nuwe Era-album"
The Celts 1992 28-11-1992 54 34 Re-mastering van Enya
The Memory of Trees 1995 2-12-1995 1(1wk) 36 wen 'n Grammy in 1996 vir "Beste Nuwe Era-album"
Paint The Sky With Stars 1997 15-11-1997 8 30
A Day Without Rain 2000 2-12-2000 2 90 wen 'n Grammy in 2001 vir "Beste Nuwe Era-album"
Amarantine 2005 onb wen 'n Grammy 2006 vir "Beste Nuwe Era-album"
And Winter Came... 2008 11-11-2008 6 50

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Enya (kategorie)

Bibliografie[wysig]

Wikiquote-logo.svg Wikiquote het ’n versameling aanhalings deur of oor Enya.