Eva Braun

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eva Braun
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Eva Braun in 1942

Geboortenaam Eva Anna Paula Braun
Gebore 6 Februarie 1912
München, Koninkryk van Beiere, Duitse Keiserryk
Oorlede 30 April 1945
Berlyn, Nazi-Duitsland
Nasionaliteit Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
Ouers Friedrich "Fritz" Braun (vader)
Franziska "Fanny" Kronberger (moeder)
Beroep Fotograaf, kantoor- en laboratorium-assistent in die fotografie-ateljee van Heinrich Hoffmann
Bekend vir lewensmaat en later vrou van Adolf Hitler
Huweliksmaat Adolf Hitler
(29 April 1945 – 30 April 1945)

Eva Anna Paula Braun (München, 6 Februarie 1912 - Berlyn, 30 April 1945 as Eva Hitler) was die Duitse minnares en later vrou van die Duitse diktator Adolf Hitler.

Sy het Adolf Hitler in 1930 ontmoet toe sy 'n assistent van Hitler se fotograaf was. Braun word deur historici beskou as 'n vrou met 'n beperkte intelligensie wat totaal aan Hitler toegewy was.

In 1936 is sy in sy huishouding opgeneem en het sy sy minnares geword. Hitler het op 29 April 1945 met haar getrou en hulle het die volgende dag saam selfmoord gepleeg in Hitler se laaste hoofkwartier, die Führerbunker in Berlyn.