Extremadura

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van Extremadura in Spanje.

Extremadura is een van die sewentien outonome gemeenskappe van Spanje. Dit is in die suidweste van Spanje geleë en grens aan Portugal, en die outonome regio's Kastilië-La Mancha, Kastilië en León en Andalusië. Op 1 Januarie 2005 het Extremadura 'n inwonertal van 1 083 879 gehad. Die hoofstad is Mérida met meer as 70 000 inwoners, maar die grootste stad is Badajoz met ongeveer 150 000 inwoners.

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Extremadura (kategorie)