Ferrari

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ferrari S.p.A.
Tipe Aandelemaatskappy
Gestig 1929
1947 (nuut)
Hoofkantoor Maranello, Italië
Sleutelpersone Luca di Montezemolo (hoof uitvoerende beampte)
Piero Ferrari (adjunkhoof)
Amedeo Felisa (voorsitter van die Raad)
Gebied bedien Wêreldwyd
Industrie Motorvervaardiger
Produkte superkarre
Dienste Finansiële en logistieke dienste
Inkomste 2,3 miljard €[1] (2013)
Werknemers 2 695[2] (2011)
Moedermaatskappy Fiat S.p.A. (90%)
Piero Ferrari (10%)
Webwerf ferrari.com

Ferrari is 'n Italiaanse motormaatskappy met sy hoofkwartier in Maranello. Die maatskappy is deur Enzo Ferrari in die laat 1940s gestig.

Enzo Ferrari (links).

Enzo Ferrari was van jongs af baie entoesiasties oor renmotors en het Ferrari gestig om geld in te samel sodat hy aan meer motorrenne kon deelneem. Dit het eers as 'n klein maatskappy begin, maar het vinning gegroei tot een van die bekendste en beroemdste motorfabrikate in die wêreld.

Ferrari neem tans ook deel aan Formule Eenwedrenne. Die span was vir jare lank die nommer een span in die kompetisie, nadat dit vele podiumplekke behaal het, jaar na jaar, met die Duitser Michael Schumacher as toprenjaer. In 2009 is die twee Formule Een motors deur die Fin Kimi Raikonnen en die Brasilianer Filipe Massa bestuur.

Ferrari se supermotor
Die Ferrari 360
Die Ferrarifabriek en hoofkantoor

Terug in die vertoonlokaal, was die 2009 motors op Ferrari se verkoopslys die 612 Scaglietti, 599 GTB Fiorana, F430 en die California. Die California is Ferrari se eerste poging om 'n harde afslaankap te produseer, en die motor het tot dusver verskeie pryse verower vir sy uitstekende dinamika, ten spyte van die ekstra gewig van die harde afslaankap wat in die kattebak kan wegvou.

Die 599 GTB (Gran Turismo Berlinetta) is 'n herskepping van 'n vroeëre motor, die 1960s 275GTB, en die California is 'n herskepping van 'n motor van die 1970s met dieselfde naam. Die 599 GTB word tans deur Ferrari beskryf as 'n perfekte supermotor vir alledaagse gebruik en is gebou op dieselfde basiese beginsel as die 275GTB met 'n enjin wat voor sit, 'n ratkas wat agter die drywer lê en agterwielaangedrewe is om 'n amper perfekte massaverspreiding tussen die voor- en agterwiele te verkry. Hierdie uitleg maak dat die 599 GTB van nul tot honderd kan versnel in 4,2 sekondes en aanhou hardloop tot oor 300 km/h. Die F430 aan die ander kant inkorporeer 'n ander bou-uitleg met 'n midgeplaasde enjin, ratkas wat voor sit en agtergedrewe is. In die F430 klas is 'n liggewigmodel, die F430 Scuderia, ook beskikbaar. Die motor se bakwerk bestaan meestal uit ligte materiale en al die onnodige rekenaars en elektronika is verwyder om meer as 100 kg te bespaar. Hierdie gewigsbesparing het 'n effek wat die nul-tot-honderdtyd vir die Scuderia met 'n sekonde verbeter bó die standaard F430.

Verwysings[wysig]

  1. (fr) Ferrari affiche un chiffre d'affaires record en 2013, Challenges, besoek op 13 April 2014.
  2. (en) Annual Report 2011”. fiatspa.com. URL besoek op 13 April 2014.

Bronne:

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Ferrari (kategorie)