Gammastraal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Alfastrale (boonste figuur) word deur 'n vel papier gestop. Vir betastrale is iets dikker nodig (byvoorbeeld plex-glas), maar gammastrale kan deur veel dikker materiale dring.
'n Gammastraal ontsnap uit 'n atoomkern

Gammastrale (simbool: γ) is elektromagnetiese golwe met baie hoë vlakke van energie en ‘n hoë frekwensie, terwyl dit kort golflengtes besit. Gammastrale kan groot afstande in lug aflê. Dit is uiters deurdringend en verg dik betonskerms of metaalplate van lood om dit af te skerm. Gammastrale is ‘n risiko vir die mens se gesondheid, ongeag of dit binne of buite die liggaam verkeer.