Gießen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Gießen
Die middestad van Gießen met die Lahnrivier
Die middestad van Gießen met die Lahnrivier
Official seal of Gießen
Seël
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging in die deelstaat Hesse
Ligging van Gießen op 'n kaart (Duitsland)
Gießen
Gießen
Ligging in Duitsland
Koördinate: 50°35′N 08°40′O
Land Vlag van Duitsland Duitsland
Deelstaat Hesse
Administratiewe streek Gießen
Administratiewe distrik Gießen
Eerste verwysing 1197
Stadstatus 1248
Regering
 - Burgemeester Dietlind Grabe-Bolz (SPD)
Oppervlak
 - Stad 72,56 km²  (28 vk m)
Hoogte 159 m (522 vt)
Bevolking (31 Desember 2012)
 - Stad 76 680
 - Digtheid 1 057/km² (2 737,6/myl2)
Tydsone MET (UTC+1:00)
 - Somer (DST) MEST (UTC+2:00)
Poskode 35390-35398
Skakelkode(s) 0641, 06403, 06406
Webwerf: www.giessen.de

Gießen is die sewende grootste stad in die Duitse deelstaat Hesse met meer as 76 000 inwoners. As universiteitstad, setel van die gelyknamige administratiewe streek en distrik en belangrike vervoerknooppunt is dit een van die belangrikste stedelike nedersettings in Sentraal-Hesse. Dit vorm saam met Wetzlar, 'n stad wat ruim 10 km wes van Gießen geleë is, 'n agglomerasie met 'n bevolking van sowat 320 000.

Met die Justus-Liebig-Universiteit (25 000 studente), die Technische Hochschule Mittelhessen (meer as 7 800 studente), 'n akademie vir administrasie en ekonomiese wetenskappe, die Vrye Teologiese Universiteit Gießen en 'n afdeling van die Hessiese Universiteit vir Polisiediens en Administrasie het vyf instellings vir tersiêre onderwys hul hoof- of 'n takkampus in Gießen.