Grand-Baie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Grand-Baie
Koördinate: 20°1′6.22″S 57°34′49″O Koördinate: 20°1′6.22″S 57°34′49″O
Land Vlag van Mauritius Mauritius
Distriksraad Rivière du Rempart
Hoogte m (26 vt)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 11 910
 - Digtheid 793,5/km² (2 055,2/myl2)
Tydsone MUT (UTC+4)
Skakelkode(s) 230

Grand-Baie is 'n kusdorp en gewilde toeristestrand in die verre-noorde van Mauritius geleë, in die Rivière du Rempart-distrik, maar die westelike deel lê in die Pamplemousses-distrik. Die dorp word deur die "Grand-Baie Village Council" geadministreer onder die beskerming van die Rivière du Rempart Distriksraad. [2] Volgens die sensus deur Statistiek Mauritius in 2011, was die bevolking 11 910. [1] Die dorp is geleë aan die westekant van die noordelike punt van Mauritius en was die plek van die Britse inval van die "Isle de France" in November 1810.

Grand-Baie is inderdaad die mees bekende dorp in Mauritius. Dit het sy gewildheid te danke aan die uitstekende gehalte van sy smarag-gekleurde waters en sy dag- en naglewe. Dit bied geleentheid vir veilige swem, bootvaart, wind- en branderplankry en waterski. Dit is ook die beginpunt vir uitstappies per helikopter, asook diepseehengel na die eilande ten noorde van Mauritius: Gunners' Quoin, Flat Island, Round Island en Snake Island.

Grand Baie en sy omgewing bied 'n wye verskeidenheid van moderne - en kunstige - winkels, hotelle en restaurante. Grand Baie is ook bekend vir sy naglewe; dit het van die beste kroeë en nagklubs op die eiland, insluitend "Banana Café", "Zanzibar" en "Les Enfants TERRIBLES".

Grand baie.jpg
Glass bottom boat Grand Baie.JPG
View from the bottom of the boat Grand Baie.JPG
Grand Baie, view from the offshore.JPG
Grand Baie (2990325541).jpg
Grand Baie (2983836852).jpg

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 (2011) “Table G1 - Resident population by geographical location”. Besoek op 19 Desember 2012.
  2. Ministry of Local Government and Outer Islands. “Local Government Act 2011”. Besoek op 19 Desember 2012.
Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Grand-Baie (kategorie)
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.