Gydopas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Gydopas is 'n bergpas in die Gydoberge[1] in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit is 5km noord van Prince Alfred Hamlet op die R303. Die pas is 6.5km lank met 27 kronkels en haarnaalddraaie teen die Gydoberg uit en is gebou deur Andrew Geddes Bain in 1848. Dit verbind die Warm Bokkeveld met die Koue Bokkeveld. Die pas se hoogste punt is 1042m bo seevlak en dit het 'n maksimum steilte van 1:15. Na die Tweede Wêreldoorlog is die pas herbou en geteer.[2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. 2009 ISBN 978-1-86919-324-9
  2. Padlangs deur Suid-Afrika. ISBN 978-1-77007-751-5

Koördinate: 33°14′02.1″S 19°19′50.8″O