HMS Iron Duke

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die HMS Iron Duke

Die HMS Iron Duke was 'n slagskip van die Britse Vloot en het diens gedoen tydens die Eerste Wêreldoorlog. Sy was die vlagskip van die Britse Vloot vanaf 1914 tot 1916. Die Iron Duke was 'n ware slagskip: swaar gewapen en swaar gepantser. Sy het 'n 13-duim laag pantser gehad en toegerus met tien 13.5 duim kanonne. Haar verplasing was 25,000 ton. Sy het ook sekondêre kanonne gedra en wel twaalf 6-duim kanonne en was ook toegerus met vier 21-duim torpedobuise. Verder was sy toegerus met twee 3-duim lugafweer kanonne, die eerste skip wat met sodanige kanonne toegerus was. Sy het beïndruk met haar akkurate skietwerk tydens die Slag van Jutland en het onder andere die SMS König getref.

Aandrywing[wysig]

Sy was toegerus met vier stoomturbines wat 29,000 skeepsperdekrag gelewer het en kon die skip aandryf teen 21 knope.

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
HMS Iron Duke (kategorie)