Britse Vloot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Britse Vloot
Vaandel van die Britse Vloot
Vaandel van die Britse Vloot
Gestig Vroeë 16de eeu
Land Verenigde Koninkryk
Tipe Vloot
Kommandostruktuur Vlootdiens, HM gewapende magte
Aantal 90 skepe
33 landingstuie
149 vliegtuie
Hoofkwartier Ministerie van Verdediging se Hoofgebou, Whitehall
Mars Heart of Oak
Kleur Rooi en Wit
Veldslae Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog
Anglo-Amerikaanse Oorlog van 1812
Eerste Opiumoorlog
Tweede Opiumoorlog
Eerste Wêreldoorlog
Tweede Wêreldoorlog
Korea-oorlog
Viëtnamoorlog
Golfoorlog
Irakse Oorlog

Die Britse Koninklike Vloot (Engels: Royal Navy, afgekort RN) is die militêre vloot van die Verenigde Koninkryk. Dit is die oudste deel van die Britse krygsmagte, en word daarom ook die "Senior Diens" genoem. Vanaf die 18de eeu tot die Tweede Wêreldoorlog was dit die grootste en sterkste vloot ter wêreld. Die Britse Vloot het 'n belangrike rol gespeel om Brittanje tot die supermoondheid van daardie tyd te verhef.

Al die skepe van die Britse Vloot word "Haar Majesteit se Skip" (afgekort tot HMS) genoem omdat die grondwet bepaal dat die koningin die skepe besit en bevel oor hulle uitvoer. In tye van 'n manlike monarg word "Haar" met "Sy" (in Engels "His") vervang. Die Engelse afkorting bly egter dieselfde.

Die Britse Vloot is een van die grootste vlote in die wêreld gemeet aan die bruto tonnemaat (gewig en grootte van al hul skepe). Die Britse Vloot en die Britse Vloot se hulpdienste het ongeveer 98 skepe, insluitend vliegdekskepe, duikbote, mynveërs en patrollie-vaartuie.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]