HMS King George V

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die HMS King George V.

Die HMS King George V was die nuutste geslag slagskip van haar tyd van die Britse Vloot tydens die Tweede Wêreldoorlog. Sy was 'n klein bietjie kleiner en stadiger as die Bismarck maar was dikker gepanser op die regte plekke gebaseer op ondervinding uit die Eerste Wêreldoorlog. Die konsep het sy waarde bewys deurdat haar susterskip, die HMS Prince of Wales relatief min skade opgedoen het nadat sy getref was deur die Bismarck (15-duim kanonne) en Prinz Eugen toe eersgenoemde gekelder is.

Tegniese besondehede[wysig]

Sy het 36,830 ton water verplaas en was aangedryf deur vier turbines wat gesamentlik 122,000 skeepsperdekrag gelewer en haar aangedryf het teen 29,25 knope. Sy was toegerus met tien 14-duim kanonne en sestien 5.25-duim meervoudige kanonne. Die 14-duim kanonne was gegroepeer in drie skiettorings, een met vier kanonne op die agterste dek en twee skiettorings met vier en twee kannonne elk op die voordek. Sy is ook die eerste slagskip wat toegerus was met twee vliegtuie.

Bron[wysig]