Haleakalā

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Haleakalā
Haleakala crater.jpg
Die piek van Haleakalā
Ligging: Maui, Hawaiï (VSA)
Hoogte: 3 055 meter
Reeks: Hawaiï-Emperor-bergreeks
Koördinate: 20°42′35″N 156°15′12″W
Bergtipe: Skildvulkaan
Rotsouderdom: < 1 miljoen jaar
Laaste uitbarsting: ~ 17de eeu
Maklikste roete: Geasfalteerde pad

Haleakalā oftewel die Oos-Mauivulkaan is 'n massiewe skildvulkaan wat meer as 75 persent van die oppervlakte van die eiland Maui (Hawaiï, Verenigde State) beslaan. Die Hawaiïese naam beteken letterlik "Huis van die Son" en verwys vermoedelik daarna dat die son vir die bewoners van die westelike en sentrale dele van die eiland Maui oor hierdie berg opkom.

Haleakalā is die enigste vulkaan van die Hawaiï-eilandketting buite die hoofeiland Hawai'i wat in die laaste 600 jaar aktief was. Tot onlangs het navorsers aangeneem dat die laaste uitbarsting omstreeks 1790 plaasgevind het. Nuwe radiokoolstofdaterings dui egter daarop dat Haleakalā vir die laaste keer in die periode tussen 1450 en 1650 uitgebars het.

Met 'n radius van 34 kilometer is die krater van Haleakalā een van die grootstes op aarde.