Hollywood

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hollywood
Hollywood se kenteken.
Hollywood se kenteken.
Ligging van Hollywood op 'n kaart (Verenigde State)
Hollywood
Hollywood
Ligging van Hollywood in die Verenigde State
Koördinate: 34°06′00″N 118°20′00″W
Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
Deelstaat Flag of California.svg Kalifornië
Stad Flag of Los Angeles, California.svg Los Angeles
Geïnkorporeer op 1857
Gestig op 14 November 1903
Ingelyf na Los Angeles 1910
Oppervlak
 - Distrik 65,2 km²  (25,2 vk m)
Bevolking (2000)
 - Distrik 210 824
 - Digtheid 3 231,5/km² (8 369,5/myl2)
Die Hollywood Walk of Fame.

Hollywood is 'n distrik in Los Angeles, Kalifornië, die Verenigde State van Amerika. Die naam word ook gebruik om na die Amerikaanse rolprentindustrie te verwys.

Hollywood is oorspronklik in 1857 as 'n onafhanklike stad gestig en is in 1903 by Los Angeles ingelyf. In 1910 het dit 'n distrik van Los Angeles geword. 'n Referendum is in November 2002 gehou om Hollywood van Los Angeles af te skei, maar die voorstel is met 'n oorweldigende meerderheid verwerp.

Die naam Hollywood word ook gebruik om na die filmindustrie in en om Hollywood te verwys. Die eerste ateljee is in 1911 deur David Horsley van die Nestor Company opgerig. In dieselfde jaar is 'n verdere 15 onafhanklike ateljees daar oopgemaak. Die gebied is ideaal vir rolprentproduksie vanweë die goeie weer en langer dae.

Besienswaardighede[wysig]

Die volgende besienswaardighede is in die gebied te sien:

  • Griffith Observatory
  • Griffith Park
  • Hollywood Sign
  • Sunset Strip
  • Hollywood Bowl
  • Eggo Lake
  • Grauman's Chinese Theatre
  • Hollywood Walk of Fame
  • Beverly Hills
  • Dolby Theatre