Hottentotsgot

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hottentotsgot
'n Hottentotsgot verslind 'n by
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukarya
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
Subklas: Pterygota
Infraklas: Neoptera
Superorde: Dictyoptera
Orde: Mantodea
Families

Chaeteessidae
Metallyticidae
Mantoididae
Amorphoscelididae
Eremiaphilidae
Hymenopodidae
Liturgusidae
Mantidae
Empusidae

'n Hottentotsgot of hotnotsgot is 'n insek wat tot die orde Mantodea behoort. Daar is ongeveer 2 200 verskillende spesies hottentotsgotte, versprei oor 9 families.[1] Hierdie insekte word regoor die wêreld in matige en tropiese habitatte aangetref.

Die hottentotsgotte se naaste verwante ordes is die termiete (Isoptera) en kakkerlakke (Blattodea); hierdie drie groepe word soms saam as een orde geklassifiseer, eerder as drie ordes wat tot dieselfde superorde behoort.

Die hottentotsgot is 'n vleisetende insek met vier vlerke, 'n besonder lang voorborsstuk en voorpote met hake. Die voorpote word omhoog gehou en gebruik om die insek se prooi te vang en vas te hou.

Verwysings[wysig]

  1. [1] 2008 Encyclopædia Britannica, Inc.