Inflasie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Inflasie is die styging in die algemene prysvlakke van goedere en dienste in 'n ekonomie oor 'n gegewe tydperk. Die teenoorgestelde van inflasie is deflasie, waar die algemene vlak van pryse daal.

As gevolg van inflasie is meer geld nodig om vir goedere (soos 'n brood) en dienste (soos 'n haarsny by 'n haarkapper) te betaal. Ekonome meet gereeld die inflasie van 'n ekonomie om die toestand daarvan te bepaal. 'n Mandjie van goedere word gewoonlik saamgestel en gereeld geprys om die koers te bepaal.