Gaan na inhoud

Jeug-tot-Jeugaksie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Jeug-tot-Jeugaksie van 1974 was 'n Christelike jeugbediening van die NG Kerk wat jongmense van dwarsoor Suider-Afrika, insluitend die destydse Rhodesië en Suidwes-Afrika, betrek en bedien het. Kursusse in evangelisasie, jeugwerkmetodiek en bybelstudiemetodes is in stede en groot dorpe aangebied en evangelisiasie-saamtrekke is gehou in al die sinodale streke van die N.G. Kerk in Suider-Afrika.

Die groep was onder leiding van Ds Mike Smuts sr., latere hoof van die Christen Studentevereniging (CSV), later die Verenigende Christen Studentevereniging (VCSV) genoem. Ds. Smuts is bygestaan deur ds. Johnnie Hay, ds. Malan Nel, ds. Mike Smuts (jr.) en mnr. Eddie de Hart.

Benewens die kursusse wat aangebied is, het die werkswyse ook besoeke aan skole en ander opvoedkundige instansies ingesluit, waar boodskappe deur die leiers aangevul is met geestelike musiek deur die koor of kleiner groepe. Die koorleier was prof. Awie van Wyk, bygestaan deur Cornelia (Neelsie) van Zyl.

Die groep het uit 64 lede vanuit 3 lande bestaan.

Lys van lede

[wysig | wysig bron]

Uit Wes- en Suid-Transvaal: Mariëtte Ferreira, Annatjie Nel, Liesbet Groenewald, Issie le Roux, Elsa Swart, Susan de Witt, Almarie Freidberg, Villiers Kok, Japie van der Merwe, Cobus Grové, Adam Gilfillan, Johan Vosloo.

Uit Noord-Transvaal: Christa Strydom, Naomi Kotze, Rina Snyman, Sanet Grové, Classina van Rensburg, Sibs von Solms, Jan Bisschof, Dolf Schutte, Pieter Buckle, Jackie van Rensburg, Anton Louw.

Uit Wes-Kaap: Helmiena Badenhorst, Dickie Jordaan, Annette Stoltz, Neelsie van Zijl, Bettie-Marie Joubert, Elna van der Merwe, Elize Roodt, Theo McFarlane, Johan Spies, Christo Murray, Marietjie de Beer, Claude Möller, Piet Naudé.

Uit Noord-Kaap: Erika Smit, Estelle de Kock, Frans Faul.

Uit Oos-Kaap: Ella van der Merwe, Elsie Visser, Louise Harmse, Ria Rautenbach, Hannes Serfontein, Gielie Schoombee.

Uit Natal: Ria Potgieter, Anri Bouwer, Wilna van Schalkwyk, Dawn Trevelyan.

Uit Oranje-Vrystaat: Hester Troskie, Isabel van Tonder, Johan McFarlane, Ryk van Velden.

V.S.A.: Charlotte Brümmer.

Uit Suidwes-Afrika: Susan Haarhof, Deidre Albertyn.

Uit Rhodesië: Henry Murray, Esmarie Broekman.

Issie le Roux en Bets Cronjé was die tiksters en Susan Nel die onderwyseres van die leiers se kinders.

Reünies

[wysig | wysig bron]

Oudlede het elke 5 jaar sedert 1974 op die Pro-Regno kampterrein te Barkly-Wes vir 'n reünie bymekaargekom.