Suider-Afrika

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Suider-Afrika

Suider-Afrika of Suidelike Afrika is die suidelike gedeelte van die kontinent van Afrika.

Die presiese gebied word nie altyd presies dieselfde afgebaken nie.

'n Algemene afbakening, veral vir geografiese en ekologiese doelwitte, is die gebied suid van die Zambezi-, Okavango- en Kuneneriviere, die eilande aan hierdie gebied se kus en die gebiedswaters tot 200 seemyle van die kus, asook Prins Eduard-eiland en Marioneiland in sub-Antarktika. Dit sluit dus die suide van Mosambiek (suid van die Zambezirivier), Botswana en Zimbabwe, sowel as Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland, in. 'n Voorbeeld hiervan is die voëlgidse wat algemeen beskikbaar is en wat die verspreiding van die verskillende spesies in Suider-Afrika aandui.

Geopolities sien die Verenigde Nasies die streek as die lande Namibië, Botswana, Suid-Afrika, Lesotho en Swaziland.

SAOG lidmaatskap[wysig]

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) word ook geasssosieer met hierdie streek, met lande tot so ver noord as die Demokratiese Republiek van die Kongo, en so ver oos as Tanzanië en Madagaskar. Dit is in 1980 gestig om samewerking in die streek te bevorder.

Dit gemeenskap sluit die volgende lande in:[1]

Klimaatstreke[wysig]

Klimaatsgewys kan die geografiese gebied in ses verskillende streke verdeel word:

Die suidelike gras- en boslandstreek[wysig]

Dié gebied beslaan die grootste gedeelte van noordelike Namibië, noordoostelike Botswana, Zimbabwe, Mosambiek, die Noordelike provinsie in Suid-Afrika, asook die oostelike gedeelte van Mpumalanga en 'n strook aan die weskus so ver suid as Port Elizabeth. Dit is 'n somerreënvalstreek, en reën gemiddeld 500mm per jaar.

Die suidelike graslandstreek[wysig]

'n Graslandskap

Hierdie streek kom slegs in Suid-Afrika voor; oos van 26°O en suid van 25°S. Dit is ook 'n somerreënvalgebied, en dit reënval is gemiddeld 500mm per jaar.

Die suidwestelike halfwoestyn[wysig]

Die Karoo, ná reën

Behalwe vir smal stroke aan die noord-, suid- en wesgrens van die Suider-Afrikaanse subgebied, beslaan die klimaatstreek feitlik die hele gebied wes van 26°O. Dit reën ook meestal net in die somer, maar slegs 200mm per jaar.

Die woestynstreek[wysig]

Die Namibwoestyn

Dit beslaan 'n nou strook met die kus van Namibië op, en binnelands saam met die Oranjerivier tot so ver as 21°O. Die Kalahari-woestyn en die Namibwoestyn is deel van hierdie streek. Dit reën gemiddeld minder as 125mm per jaar. In die Namibiese kusstrook is die vog wat vanaf misbanke van die see af ingestoot word, dikwels die enigste bron van vogtigheid.

Die Kaapse fynbosstreek[wysig]

Kaapse fynbos

Dit strek as 'n nou strokie van die suidkus van Suid-Afrika oos so ver as Port Elizabeth, en met die Weskus op so ver as St. Helenabaai. In die valleie reën dit ongeveer 200mm per jaar, maar in die kusgebergtes kan dit tot 3000mm per jaar reën, hoofsaaklik in die winter. Die gebied het van die grootste verskeidenheid van plantspesies in die wêreld.

Die woudstreek[wysig]

Woudlandskapdetail

Klein kolletjies woud- en boswêreld strek vanaf die Tsitsikammawoud, aan die kusgebied van die Oos-Kaap provinsie van Suid-Afrika, oos en noordoos deur KwaZulu-Natal, noord met die Drakensberge deur Mpumalanga, en dan weer weswaarts na die Soutpansberge en in oostelike Zimbabwe in.

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

Gebiede van die Wêreld

Location of Africa.svg

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Location of America.svg

Amerikas

Noord · (Noordelike · Middel · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Anglo · Latyns

Location of Asia.svg

Asië

Sentraal · Oos · Noord (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Location of Europe.svg

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

LocationOceania.png

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

LocationPolarRegions.png

Poolgebiede

Arktika · Antarktika

LocationOceans.png

Oseane

Wêreld · Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

LocationOceans.png

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld