Joezjno-Sachalinsk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Joezjno-Sachalinsk
Южно-Сахалинск
View of Yuzhno-Sakhalinsk from Gorny Vozduh.JPG
Wapen van Joezjno-Sachalinsk
Wapen
Ligging van Joezjno-Sachalinsk op 'n kaart (Sachalin-oblast)
Joezjno-Sachalinsk
Joezjno-Sachalinsk
Koördinate: 46°58′N 142°44′O
Land Vlag van Rusland Rusland
Deelgebied Sachalin-oblast
Dorpstatus 1946
Regering
 - Tipe Stadsraad
 - Burgemeester Sergei Nadsadin
Bevolking (2013)
 - Stad 190 227
Tydsone UTC+11:00 (UTC)
Webwerf: http://yuzhno.sakh.ru/

Joezjno-Sachalinsk (Russies: Ю́жно-Сахали́нск) is die hoofstad van Sachalin-oblast, Rusland, wat Sachalin-eiland en die Koerile insluit. Die bevolking in 2013 was 190 227. Dit was van 1882 tot 1905 bekend as Wladimirofka (Владимировка) en van 1905 tot 1946 as Tojohara (Japannees: 豊原).

Geskiedenis[wysig]

Die vroeë dae van Wladimirofka.

Die stad was aanvanklik ’n klein dorpie met die naam Wladimirofka wat in 1882 deur gevangenes gestig is. Ná die Russies-Japannese Oorlog van 1904–1905 is die suidelike deel van Sachalin-eiland aan Japan toegeken en Wladimirofka is hernoem tot Tojohara.

Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog is die Japannese deel van Sachalin-eiland deur Sowjet-troepe beset. Die stad het deel van die Sowjetunie geword en is Joezjno-Sachalinsk genoem.

Vanweë groot beleggings deur oliemaatskappy in veral die noordelike deel van die eiland, het dit aansienlik gegroei. Die aanvraag na natuurlike hulpbronne deur Japan, Sjina en Suid-Korea verseker dat die eiland nog lank gaan vooruitgaan.

Demografie[wysig]

Die meeste inwoners is etniese Russe, maar daar woon ook ’n aansienlike getal Koreane, asook verskeie minderheidsgroepe, in die stad.

Eksterne skakels[wysig]