Kobe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kobe
神戸市
Port of Kobe02s4100.jpg
Vlag van Kobe
Vlag
Official logo of Kobe
Logo
Ligging van Kobe in die Hiogo-prefektuur
Ligging van Kobe in die Hiogo-prefektuur
Ligging van Kobe op 'n kaart (Japan)
Kobe
Kobe
Ligging van Kobe in Japan (in rooi)
Koördinate: 34°41′N 135°12′O
Land Japan
Gebied Kinki
Prefektuur Hiogo-prefektuur
Regering
 - Burgemeester Tatsoeo Jada
Oppervlak
 - Stad 552,80 km²  (213,4 vk m)
Bevolking (1 April 2008)
 - Stad 1 529 116
 - Digtheid 2 768/km² (7 169,1/myl2)
Poskode 650-8570
Boom Camellia sasanqua
Blom Krismisroos
(Hydrangea macrophylla)

Kobe (神戸市 Kōbe-shi?) is die hoofstad van die Hiogo-prefektuur en 'n vername hawestad in Japan met 'n bevolking van ongeveer 1,4 miljoen. Die stad is in die Kansaigebied van Japan geleë en is deel van die Osaka-Kobe-Kioto- metropolitaanse gebied. Kobe word geklassifiseer as een van Japan se sewentien aangewese stede.

Die stad het aanvanklik as Ōwada Anchorage (大輪田泊 Ōwada-no-tomari?) beklendgestaan. Die vroegste geskrewe verwysings na die gebied is deur Nihon Sjoki, wat die stigting van die Ikoeta-heiligdom in 201 n.C. deur keiserin Jingoe beskryf het.[1][2] Vir die grootste deel van die gebied se geskiedenis was dit nie 'n enkele politiese eenheid nie; selfs tydens die Tokoegawa-tydperk, toe die hawe direk deur die Tokoegawa-sjogoenaat beheer is. Kobe in sy huidige vorm is in 1889 gestig. Die naam kom van "kanbe" (神戸 kanbe?), 'n argaïese titel vir volgelinge van die stad se Ikoeta-heiligdom.[3][4] Dit het in 1956 een van Japan se aangewese stede geword.

Kobe was een van die eerste stede in Japan wat oopgestel is vir handel met die Weste na die beëindiging van die Sakokoe-isolasiebeleid en het sedertdien as 'n metropolitaanse hawestad bekend geword. Hoewel die Groot Hansjin-aardbewing in 1995 afbreuk gedoen het aan Kobe se rol as hawestad bly dit steeds Japan se vierde besigste behoueringhawe.[5] Maatskappye wat hulle hoofkantore in Kobe het, sluit in ASICS, Kawasaki-swaarindustrieë en Kobe-staal, sowel as 100 internasionale maatskappye met hulle Asiese of Japannese hoofkantore in die stad soos Procter & Gamble en Nestlé.[6][7]

Die stad is ook bekend danksy Kobe-bief sowel as een van Japan se bekendste onsen-warmwaterbronne, Arima Onsen. Die Kobe-hawetoring is 'n bekende landmerk in die stad.

Arima-Onsen.

Verwysings[wysig]

  1. Ikuta Shrine official website - "History of Ikuta Shrine" (Japanese), retrieved October 22, 2007
  2. Kobe City Info - "History", afgelaai 2 Februarie 2007
  3. Nagasaki University - "Ikuta Shrine", retrieved February 3, 2007
  4. Entry for 「神戸(かんべ)」. Kōjien, fifth edition, 1998, [ISBN 4-00-080111-2]
  5. American Association of Port Authorities - "World Port Rankings 2005", retrieved July 3, 2007
  6. "Number of foreign corporations with headquarters in Kobe passes 100." (Japanese) in Nikkei Net, retrieved from NIKKEI.net on July 3, 2007.
  7. Hyogo-Kobe Investment Guide - "List of Foreign Enterprises and Examples", retrieved February 8, 2007