Afrikaanse Wikipedia

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Wikipedia
Wikipedia-logo-v2-af.svg
Voorblad Afrikaanse Wikipedia.jpg
Tipe webblad Wiki
Taal(e) Afrikaans
Registrasie Opsioneel
Eienaar Wikimedia Stigting
Outeur Die gemeenskap
Opgerig 16 November 2001
Huidige status Aktief
URL http://af.wikipedia.org/

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse uitgawe van die Web-gebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia ("vrye" verwys in hierdie geval na die kopielinkse lisensiëring van die projek). Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is.[1]

In Julie 2014 was dit die 81ste grootste Wikipedia volgens die getal artikels.[2] Benewens Suid-Afrika en Namibië word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië.

Volgens Greenman se webjoernaal van Mei 2013 is die Afrikaanse Wikipedia wel die derde grootste Afrikataal-Wikipedia, maar is wat inhoud betref moontlik die beste. Daar is konstante aktiwiteit, groei en 'n gesonde gemeenskap.[3]

Beide die http://af.wikipedia.org/ en http://wikipedia.co.za adresse kan gebruik word om die Afrikaanse Wikipedia te besoek.

Die wikipedia gebruik tans MediaWiki weergawe 1.24wmf13 (49b61bf).[4]

Besoeke en Wysigings[wysig]

Uit die hele Wikipedia-projek se soektogte maak die Afrikaanse Wikipedia 0,007% uit. Tussen 1 Januarie 2014 en 31 Maart 2014 word die Afrikaanse Wikipedia die meeste besoek deur [5]:

Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (63,2%)
Vlag van Verenigde State VSA (4,5%)
Vlag van Nederland Nederland (3,6%)
Wêreldvlag Ander (28,7%)

In Suid-Afrika word die Afrikaanse Wikipedia 2,1% van die kere besoek, na die 92,1% van die Engelse Wikipedia.[6] In Namibië word die Afrikaanse Wikipedia 1,8% van die kere, na die Duitse (4,5%) en Engelse (87,0%) Wikipedia, besoek; die Portugese Wikipedia word 1,1% van die kere besoek.[7]

0,1% van alle Nederlandse, 0,1% van alle Nieu-Seelandse en 9,7% van alle Suid-Afrikaanse wysigings vind by die Afrikaanse Wikipedia plaas.[8]

Die betrokkenheid van Nederland en België by die Afrikaanse Wikipedia hou moontlik verband met die taalverwantskap tussen Afrikaans en Nederlands, wat ook op die Afrikaanse Wikipedia gebruik word.

Die res van die inligting wat nou volg is geldig vanaf 1 Julie 2009 - 31 Oktober 2013.

Hier volg 'n tabel met Suid-Afrikaanse besoekerstatistiek[9]:

Kwartaal Deel* Engels Portaal1 Afrikaans Duits Frans Nederlands Sjinees Eenvoudige
Engels
Portugees Spaans Ander
2009 kw.3 0,2% 89,4% 4,6% 2,9% 0,6% 0,7% 0,2% 0,09% 0,1% 0,2% 0,09% 1,1%
2009 kw.4 0,1% 89,7% 4,7% 1,5% 0,8% 0,8% 0,1% 0,08% 0,1% 0,1% 0,1% 2,0%
2010 kw.1 0,1% 90,7% 4,4% 2,3% 0,7% 0,5% 0,2% 0,09% 0,1% 0,1% 0,08% 0,8%
2010 kw.2 0,2% 91,2% 4,1% 2,3% 0,6% 0,4% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 0,1% 0,8%
2010 kw.3 0,2% 91,2% 4,3% 2,3% 0,6% 0,4% 0,2% 0,1% 0,09% 0,08% 0,10% 0,6%
2010 kw.4 0,1% 91,0% 5,0% 1,3% 0,8% 0,5% 0,2% 0,2% 0,06% 0,09% 0,1% 0,8%
2011 kw.1 0,2% 90,5% 5,1% 2,0% 0,7% 0,4% 0,2% 0,1% 0,09% 0,08% 0,08% 0,8%
2011 kw.2 0,2% 91,1% 4,4% 2,1% 0,6% 0,4% 0,2% 0,2% 0,1% 0,1% 0,10% 0,7%
2011 kw.3 0,2% 90,3% 4,8% 2,4% 0,6% 0,5% 0,2% 0,2% 0,1% 0,08% 0,09% 0,7%
2011 kw.4 0,1% 90,7% 4,9% 1,3% 0,8% 0,7% 0,1% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 1,0%
2012 kw.1 0,2% 90,8% 4,0% 2,2% 0,8% 0,5% 0,3% 0,2% 0,09% 0,1% 0,1% 0,9%
2012 kw.2 0,2% 90,7% 3,8% 2,5% 0,7% 0,6% 0,2% 0,3% 0,1% 0,1% 0,1% 0,9%
2012 kw.3 0,2% 91,5% 3,3% 2,3% 0,7% 0,4% 0,3% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 1,0%
2012 kw.4 0,2% 92,3% 3,3% 1,4% 0,8% 0,5% 0,3% 0,2% 0,10% 0,1% 0,1% 0,9%
2013 kw.1 0,2% 92,2% 2,5% 2,3% 0,7% 0,4% 0,4% 0,2% 0,1% 0,1% 0,1% 1,0%
2013 kw.2 0,2% 93,2% 2,1% 2,3% 0,5% 0,4% 0,3% 0,1% 0,2% 0,1% 0,09% 0,7%
2013 kw.3 0,3% 92,9% 1,9% 2,5% 0,7% 0,4% 0,4% 0,2% 0,2% 0,1% 0,1% 0,6%
2013 kw.4 0,3% 93,2% 1,7% 2,0% 0,7% 0,4% 0,4% 0,2% 0,2% 0,1% 0,1% 1,0%
  • Deel verwys na die persentasie aansoekers met IP-adresse (uit die wêreldtotaal) wat uit een land afkomstig is (in hierdie geval, Suid-Afrika)
  1. Portaal verwys na www.wikipedia.org .

Dit was ook op Saterdag, 31 Mei 2014, die 50ste mees besoekte Wikipedia, met gemiddeld 7 199 bladtrekke per uur.[10] Daar was altesaam 5 700 043 bladtrekke in Mei 2014; dus 'n gemiddelde van 7 661 per uur.[11]

Die top 1 000 gewildste soektogte van April 2013 kan besigtig word by Stats.

In Suid-Afrika is die meeste Wikipedia-aktiwiteit te vinde onder inwoners in Gauteng, gevolg deur die Wes-Kaap, dan die Vrystaat en KwaZulu-Natal kop aan kop, daarna Noordwes. [12]

Mylpale[wysig]

Volgens statistieke[13] is die volgende mylpale deur die Afrikaanse Wikipedia behaal:

Aantal artikels Datum Artikel
Eerste artikel November 2001
50 artikels Augustus 2002
100 artikels April 2003
250 artikels Augustus 2003
500 artikels November 2003
1 000 artikels Januarie 2004
2 500 artikels Maart 2004
5 000 artikels Maart 2006 Pylsterteend deur Faresh
9 000 artikels 29 Desember 2007 Fleur-de-lis deur Laurens
10 000 artikels Junie 2008 Homeros deur RAM
15 000 artikels 7 Mei 2010 Oplossing (chemie) deur Atoom
16 000 artikels Augustus 2010
17 000 artikels 10 Februarie 2011 Die Lunikoff Verschwörung deur Targovishtenec bg
18 000 artikels 7 Junie 2011 Aymara deur Africa South
19 000 artikels 3 September 2011 Kaapstad-Tuine (kiesafdeling) deur Morne
20 000 artikels 11 November 2011 Protestantse Hervorming deur Voyageur
21 000 artikels 27 Januarie 2012 Denis Diderot deur Voyageur
22 000 artikels 3 April 2012 Daniël Francois du Toit deur Morne
23 000 artikels 20 Junie 2012 Spier, Nederland deur IP 41.240.218.48 (anoniem naudefj)
24 000 artikels 4 September 2012 Israelse kurper deur Oesjaar
25 000 artikels 27 November 2012 Exel, Nederland deur Puvircho
26 000 artikels 23 Februarie 2013 NG gemeente Griekwastad deur Morne
27 000 artikels 29 Mei 2013 Witooievaar deur Oesjaar
28 000 artikels 7 Augustus 2013 Grootrietsanger deur Oesjaar
29 000 artikels 14 November 2013 Satoshi Miyauchi deur FootballLibrary
30 000 artikels 21 Januarie 2014 NG gemeente Vanderbijlpark-Suid deur Morne
31 000 artikels 14 April 2014 Rynhesse deur Voyageur
32 000 artikels 5 Julie 2014 Lukas deur Oesjaar
Logo wat vir die 5000ste artikel geskep is.

Die Afrikaanse Wikipedia het tans 32 180 artikels.

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan: