Koningsdag

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Koninginnedag)
Spring na: navigasie, soek
Die Nederlandse rooi-wit-bloue vlag mét oranje wimpel
Koninginnedag in Vlaardingen (2005)

Koningsdag, vroeër Prinsessedag (1885-1890) en Koninginnedag (1891-2013), is 'n nasionale feesdag in Nederland, Curaçao, Sint Maarten en Aruba. Op hierdie dag word die verjaardag van die koning of koningin gevier.

Koninginnedag is destyds ingestel om die verjaardag van koningin Wilhelmina te vier (31 Augustus). Vanaf 1949 tot 2013 is die fees op 30 April gevier, wat die verjaardag was van die in 2004 oorlede koningin Juliana. Indien die dag op 'n Sondag sal val, word dit op die voorafgaande Saterdag gevier.

Koningsdag word gevier met (ou Hollandse) feeste en vrymarke. Op hierdie dag besoek koning Willem-Alexander van die Nederlande met sy familie (meestal twee) plekke in die land (in 2014 De Rijp en Amstelveen).

Op die Koninginnedag in 2013 het Beatrix ten gunste van haar oudste seun Willem-Alexander abdikeer.[1] Sedert 2014 word dit Koningsdag genoem en op 27 April gevier.[2]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (nl) www.koninklijkhuis.nl, besoek op 30 April 2013.
  2. (nl) Voortaan Koningsdag op 27 april, nos.nl, besoek op 30 April 2013.

Bronne[wysig]

  • Nederlandstalige Wikipedia

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Koningsdag (kategorie)