Korean Air

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Korean Air
대한항공
大韓航空
Daehan Hanggong
KoreanAir logo.svg
IATA
KE
ICAO
KAL
Roepsein
KOREANAIR
Gestig 1946 (as "Korean National Airlines")
Eerste vlug 1962
Hoofspil
  • Seoul Gimpo Internasionale Lughawe
  • Incheon Internasionale Lughawe
Fokusstede
  • Gimhae Internasionale Lughawe
  • Jeju Internasionale Lughawe
  • Kansai Internasionale Lughawe (Osaka, Japan)
Lojaliteitsprogram SKYPASS
Lughawesitkamer KAL Lounge
Alliansie SkyTeam
Vlootgrootte 153
Bestemmings 116
Slagspreuk Excellence in Flight
Houermaatskappy Hanjin Group
Hoofkantoor Gonghang-dong, Gangseo-gu, Seoul, Republiek van Korea
Sleutelpersone Cho Yangho (Voorsitter & HUB)
Webtuiste http://www.koreanair.com

Korean Air Lines Co., Ltd., handeldrywend as Korean Air, is die vlagdraer en grootste lugredery van Suid-Korea, met sy hoofkwartier in Gonghang-dong, Gangseo-gu, Seoul, Suid-Korea.

Korean Air se internasionale passasiersafdeling en verwante filiaal vrag-afdeling bedien saam 130 stede in 45 lande, terwyl die binnelandse afdeling 20 bestemmings bedien. Dit is een van die top 20 lugrederye in die wêreld in terme van passasiers vervoer en is ook onder die top internasionale vraglugrederye.

Incheon Internasionale Lughawe dien as Korean Air se internasionale spil. Korean Air het ook 'n satelliet-hoofkwartier op Incheon. Dit is aangewys as Asië se beste lugredery deur "Business Traveler"-lesers in 2012. [1]

Verwysings[wysig]

  1. Tatiana Rokou (13 Desember 2012). “Seoul voted "Best International Meetings Destination" for 2012”. URL besoek op 18 Februarie 2013.



Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.