Kroonkiewiet

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kroonkiewiet
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Charadriiformes
Familie: Charadriidae
Genus: Vanellus
Spesie: V. coronatus
Binomiale naam
Vanellus coronatus
(Boddaert, 1783)
Sinonieme

Charadrius coronatus (Boddaert, 1783)
Hoplopterus coronatus (Boddaert, 1783)
Stephanibyx coronatus (Boddaert, 1783)

Die Kroonkiewiet of Gewone kiewiet (Vanellus coronatus) is 'n middelgroot langbeenwaadvoël wat goed by die Suid-Afrikaanse voorstedelike lewe aangepas het. Hulle broei dikwels op besproeide sportvelde en ander uitgestrekte, oop grasgebiede. Die plaaslike naam kiewiet is 'n goeie weergawe van sy roep, wat dikwels in die nag gehoor kan word.

Voorkoms[wysig]

Die Kroonkiewiet het 'n swart kroon wat met 'n smal wit streep omsoom is. Die lang, rooi bene onderskei dié spesie van ander kiewiete. Onder die vlerke is groot, wit vere, wat tydens sy vlug waargeneem kan word.[1]

Gedrag[wysig]

Die volwasse voëls is baie beskermend teenoor hul kuikens en eiers en sal rondom 'n indringer neerduik terwyl hulle hul misnoeë luidrugtig en hard met hul 'kiewiet'-skree te kenne gee.

Nes[wysig]

Kroonkiewiete maak omtrent geen nes nie, en die eiers word in 'n vlak holtetjie in die grond gelê. Daar word op hul gespikkelde kamoeflering vir beskerming staatgemaak.[1]

Fotogalery[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Kroonkiewiet (kategorie)

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Die Suid-Afrikaanse voëlgids (4de uitgawe), John Sinclair, John Mendelsohn, 1987. P.14