Lugkoördinaatstelsel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Regte klimming (blou) en deklinasie (groen) soos gesien van buite die hemelbol.

’n Lugkoördinaatstelsel of astronomiese koördinaatstelsel is ’n koördinaatstelsel wat in die sterrekunde gebruik word om die posisie van hemelliggame aan te dui.

Verskeie stelsels kan gebruik word:

  • die ekwatoriale koördinaatstelsel ten opsigte van die hemelvlak en -as
  • die horisontale koördinaatstelsel vanaf die waarnemer
  • die ekliptiese koördinaatstelsel ten opsigte van die sonnebaan
  • die galaktiese koördinaatstelsel ten opsigte van die vlak van die Melkweg

Ekwatoriale koördinaatstelsel[wysig]

Die ekwatoriale koördinaatstelsel is ten opsigte van die hemelvlak en –as. Dit stem ooreen met die geografiese koördinaatstelsel van lengte- en breedtegrade.

Om die posisie van ’n hemelliggaam aan te dui, word gebruik gemaak van die deklinasie (dek.) en regte klimming (RK). Die deklinasie dui die voorwerp se posisie aan noord (+) of suid (-) van die hemelewenaar en die regte klimming die posisie oos van die lentepunt of nulpunt.

Die eenhede wat vir deklinasie gebruik word, is meestal grade ( ° ), minute of boogminute ( ' ) en sekondes of boogsekondes ( " ), en die eenhede vir regte klimming is uur ( h ), minute ( m ) en sekondes ( s ), met 24h gelyk aan ’n volle sirkel.


Crystal txt.png Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia