Manta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Manta
Tydperk: 23–0 m. jaar gelede[1]
Vroeë Mioseen tot nou
'n Manta by Hin Daeng, Thailand
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Klas: Chondrichthyes
Subklas: Elasmobranchii
Superorde: Batoidea
Orde: Rajiformes
Familie: Mobulidae
Genus: Manta
Bancroft, 1829
Spesie: M. birostris
Binomiale naam
Manta birostris
(Walbaum, 1792)

Die manta (Manta birostris) is 'n vis wat voorkom aan die suid- en ooskus van Suid-Afrika, vanaf Valsbaai tot by Mosambiek. Dit kan tot 6,7 m breed word van vlerkpunt tot vlerkpunt en die mond is voor aan die kop. Die stert is dun en kort. Die manta kan óf donker, gryserige blou of groenerige bruin óf swart aan die bokant wees. Die onderkant is wit. Hulle kom voor by die kontinentale bank in water wat 100 m diep is. Hulle is vivipaar en twee kleintjies word op 'n slag gebore. Mantas is oor die algemeen alleenlopers, maar kan ook in pare voorkom. Hulle spring ook soms uit die water uit. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Sepkoski, Jack (2002). “A compendium of fossil marine animal genera (Chondrichthyes entry)”. Bulletins of American Paleontology 364: 560. Besoek op 2008-01-09.