Matt Damon

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Matt Damon
'n Promosiefoto van Matt Damon.
Damon op promosie vir The Bourne Ultimatum. September 2007.

Naam Matthew Paige Damon
Geboorte 8 Oktober 1970
Cambridge, MA (VSA)
Nasionaliteit Amerikaans
Beroep(e) Akteur, draaiboekskrywer, vervaardiger
Noemenswaardige
rolprent(e)
Saving Private Ryan, The Bourne Identity
Toekennings Oscar & Golden Globe vir Good Will Hunting
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Matthew Paige Damon (* 8 Oktober 1970) is 'n Amerikaanse akteur, skrywer en filantroop wie se loopbaan afgeskop het met die sukses van die rolprent Good Will Hunting, van 'n draaiboek wat hy saam met sy vriend Ben Affleck geskryf het. Vir hierdie werk het die paar die Academy-toekenning vir die Skryf van 'n Oorspronklike Draaiboek en die Golden Globe-toekenning vir die Beste Draaiboek ontvang. Damon het ook vele nominasies vir Beste Akteur vir sy hoofvertolking vir hierdie rolprent ingehark.

Damon het voortgegaan om in rolprente soos Saving Private Ryan, The Talented Mr. Ripley, die Ocean's-trilogie, die Bourne-reeks, Syriana, The Good Shepherd, en The Departed te pryk. Hy het verskeie toekenningsnominasies vir sy rolprentverskynings ontvang en word met 'n ster op die Hollywoodse Walk of Fame vereer. Damon is een van die top vyfendertig hoogs verdienende akteurs in die aangetekende menslike geskiedenis. Hy is in 2007 deur People-tydskrif die titel Sexiest Man Alive (Afrikaans: sexyste lewendige man) toegeken.

Damon is aktief betrokke by liefdadigheidsorganisasies, insluitende by die ONE-veldtog en die H2O Afrika-stigting. Damon het twee dogters, Isabella en Gia, by sy vrou Luciana Bozán Barroso, asook 'n stiefdogter, Alexia, van Barroso se vorige huwelik.

Eksterne skakels[wysig]