Mediese laboratorium

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

In 'n Mediese laboratorium voer 'n mediese tegnoloog analitiese prosedures uit op monsters van menslike oorsprong.

Mediese tegnoloog[wysig]

Mediese tegnoloë werk in gespesialiseerde laboratoriums van hospitale en private instellings. Geregistreerde mediese tegnoloë mag ook aansoek doen om ‘n lisensie om privaat te praktiseer in hul eie laboratoriums terwyl andere mag verkies om navorsing by ‘n akademiese instituut te doen.

Gesofistikeerde instrumente en tegnieke word gebruik vir die akkurate diagnosering van siektes. Die mediese tegnoloog moet dus ‘n gesonde kennis hê van die prosedures wat gevolg word asook ‘n hoë graad van vaardigheid om die analitiese prosedures korrek uit te voer.

Loopbaanmoontlikhede bestaan in Suid-Afrika in regerings- en provinsiale hospitale, mediese skole aan universiteite, technikons, private patologie praktyke, die Suid-Afrikaanse Instituut vir Mediese Navorsing, die Mediese Navorsingsraad, Veeartskundige praktyk en Farmaseutiese maatskappye.

Die pligte van ‘n mediese tegnoloog[wysig]

Voorbereiding van monsters vir analise - ontvangs, sentrifugering (skeiding van bloedselle en serum vir die geval van bloedmonsters); identifisering, voorbereiding van kontrole monsters, ens.

Onderwerpe in Mediese Laboratoriumtegnologie[wysig]

Bloed Transfusie[wysig]

Groepering van bloed; identifikasie van teenliggame en antigene in bloed produkte, voorbereiding van bloed funksies; kruistoetsing; voorgeboortelike bloedgroepering om te bepaal of die pasgeborene dalk bloedgroep afwykings het en ander bloed en bloed-produkte verwante toetse.

Chemiese Patologie[wysig]

Die kwantitatiewe analise van die chemiese bestanddele van liggaamsvloeistowwe om siektes te kan diagnoseer, behandeling en invloed van die behandeling op die chemiese balans van die liggaam te monitor. Hierdie kategorie van werk behels ‘n groot mate van automatisasie.

Farmakologie[wysig]

Die kwantitatiewe en kwalitatiewe bepaling van die konsentrasie van middels en middelmetaboliete in bloed en ander biologiese media; ondersteuning van middelbehandeling van pasiënte en sintese van chemiese samestellings.

Hematologie[wysig]

Monsters by hierdie afdeling bestaan uit bloed, beenmurg aspirate en trefienbiopsies. Hematologie is die studie van sirkulerende bloedselle, bloedproduserende organe en die stollingsisteem. Bloed word geanaliseer om waardes vir spesifieke parameters bv. hemoglobien, wit bloedsel- en plaatjietellings te verkry en om abnormale bloedselle te identifiseer met behulp van volbloedtellings, differensiële witbloedseltellings en die identifikasie van abnormale selle met behulp van sitochemiese kleurings.

Histopatologie[wysig]

Die voorbereiding van biopsie-materiaal en post mortem weefsel vir mikroskopiese ondersoek.

Mikrobiologie en Parasitologie[wysig]

Die identifikasie van mikro-organismes en parasiete in menslike patologie monsters en openbare gesondheidsmonsters om diagnose en behandeling van siektes te vergemaklik en die voorkoming van aansteeklike siektes.

Sitologie[wysig]

Die ondersoek van menslike selsmere om kwaadaardige selle te identifiseer, te diagnoseer en behandeling van siektes te vergemaklik.

Virologie[wysig]

Die identifikasie van virusse in menslike patologiemonsters om diagnose en behandeling van siektes te vergemaklik.