Multatuli

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Eduard Dekker
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Bynaam Multatuli
Geboortenaam Eduard Douwes Dekker
Gebore 2 Maart 1820
Amsterdam
Oorlede 19 Februarie 1887 (op 66)
Ingelheim am Rhein
Beroep Skrywer
Bekend vir Max Havelaar
Religie Ateïs
Standbeeld in Amsterdam

Eduard Douwes Dekker (2 Maart 1820 – 19 Februarie 1887), beter bekend onder sy pennaam Multatuli, was ’n Nederlandse skrywer veral beroemd vir sy satiriese roman, Max Havelaar (1860).

Dekker was werksaam as ’n amptenaar in Nederlands-Indië (die teenwoordige Indonesië) waar, toe hy as negentienjarige daar aangekom het, volgens sy eie woorde sy ‘siel ontwaak het’, maar waar hy die ernstige lyding gesien het wat die gevolg van die Nederlandse bewind was. Sy bekendste werk, die satiriese roman Max Havelaar, waarin hy—na aanleiding van sy eie ervaringe—die behandeling van die plaaslike bevolking deur Nederlandse en Nederlands-Indiese bestuurders aan die kaak gestel het. Vir hierdie boek het Dekker die skuilnaam Multatuli (Latyn vir “Ek het veel gely”) gekies asook ’n verwysing na ’n beroemde passasie uit die Tristia van Ovidius.

In Junie 2002 is Max Havelaar deur die Maatskappy van die Nederlandse Letterkunde verklaar tot die belangrikste Nederlantstalige letterkundige werk van alle tye. In 2004 het Dekker 34ste gekom in ’n stemming vir “Die grootste Nederlander.”

Die Multatuli Genootskap stel hom ten doel om die kennis van Multatuli te bevorder en sy blywende belang te onderstreep. Dit bestuur ook die Multatuli Museum wat gevestig is in die geboortehuis van die outeur.

Bibliografie[wysig]

Werke wat tydens sy leeftyd verskyn het[wysig]

  • 1859 - Geloofsbelydenis (het verskyn in die vrydenkerstydskrif De Dageraad)
  • 1859 - Brief aan de kiezers te Amsterdam omtrent de keuze van een afgevaardigde in verband met Indische specialiteiten en batige Saldo's, Amsterdam, J. de Ruyter
  • 1860 - Indrukken van den dag
  • 1860 - Max Havelaar of de koffij-veilingen der Nederlandsche Handel-Maatschappy
  • 1860 - Brief aan Ds. W. Francken z.
  • 1860 - Brief aan den Gouverneur-Generaal in ruste
  • 1860 - Aan de stemgerechtigden in het kiesdistrikt Tiel
  • 1860 - Max Havelaar aan Multatuli
  • 1861 - Het gebed van den onwetende
  • 1861 - Wys my de plaats waar ik gezaaid heb
  • 1861 - Minnebrieven
  • 1862 - Over vrijen arbeid in Nederlandsch Indië en de tegenwoordige koloniale agitatie (brosjure)
  • 1862 - Brief aan Quintillianus
  • 1862 - Ideën I (bevat onder andere die roman De geschiedenis van Woutertje Pieterse)
  • 1862 - Japansche gesprekken
  • 1863 - De school des leavens
  • 1864-1865 - Ideën II
  • 1864 - De bruid daarboven (toneelstuk in 5 bedrywe)
  • 1865 - Bloemlezing door Multatuli, Amsterdam, R.C. Meijer, p. 1-296
  • 1865 - De zegen Gods door Waterloo
  • 1865 - Franse rymen
  • 1865 - Herdrukken
  • 1865 - Verspreide stukken (oorgeneem uit die Herdrukken)
  • 1867 - Een en ander naar aanleiding van Bosscha's Pruisen en Nederland
  • 1869-1870 - Causerieën
  • 1869 - De maatschappij tot Nut van den Javaan
  • 1870-1871 - Ideën III
  • 1870-1873 - Millioenen-studiën
  • 1870 - Divagatiën over zeker soort van Liberalismus
  • 1870 - Nog eens: Vrye arbeid in Nederlandsch Indië
  • 1871 - Duizend en eenige hoofdstukken over specialiteiten (satiriese verhandeling)
  • 1872 - Brief aan den koning
  • 1872 - Ideën IV (bevat onder andere die toneelstuk Vorstenschool)
  • 1873 - Ideën V
  • 1873 - Ideën VI
  • 1874-1877 - Ideën VII
  • 1875 - Vorstenschool, drama in 5 bedrywe, (4 drukke in 1875)
  • 1876 - Bloemlezing door Heloïse (=Mimi Hamminck-Schepel), Amsterdam, G.L. Funke

Postuum verskyn[wysig]

  • 1887 - Onafgewerkte blaadjes
  • 1891 - Aleid. Twee fragmente uit een onafgewerkte blyspel (toneelstuk)

Versamelbundels[wysig]

  • 1880 - De geschiedenis van Woutertje Pieterse. Uit sy Ideën versamel deur se Weduwee, 2 dele
  • 1888-1889 - Verzamelde Werken. Kronologies-gesorteerde uitgawe versorg deur sy weduwee (tien dele)
  • 1919 - Bloemlezing uit Multatuli's werken (’n keur uit sy werke, ingelei deur J. van den Berg)
  • 1937 - Bloemlezing (versamel en ingelei deur Julius Pée)
  • 1950-1995 - Volledige Werken (25 dele) (redaksie: Garmt Stuiveling en Hans van den Bergh)
  • 1955 - Barbertje moet hangen, Verhalen, parabelen, aforismen (verzamel en ingelei deur Garmt Stuiveling)
  • 1973 - Bloemlezing uit de werken van Multatuli (samengestel en ingelei deur G.W. Huygens, gebaseer op die bloemlesings deur Heloïse uit 1876)
  • 1974 - De roeping van de mens. Een keuze uit zijn gehele werk door C. Bij

Briewe en ander publikasies[wysig]

  • 1890-1896 - Brieven van Multatuli. Bijdragen tot de kennis van zijn leven. Gerangschikt en toegelicht door M. Douwes Dekker geb. Hamminck-Schepel, 10 dele, Amsterdam W. Versluys
  • 1912 - Multatuli, Brieven. Bijdragen tot de Kennis van zijn Leven (onder redaksie van M. Douwes Dekker geb. Hamminck-Schepel) (tweede hersiene uitgawe in 1912), 10 dele, Amsterdam, Maatschappij voor goede en goedkoope lectuur
  • 1907 - Briefwisseling tusschen Multatuli en S.E.W. Roorda van Eysinga' (uitgegee deur M. Douwes Dekker geb. Hamminck-Schepel)
  • 1937 - Multatuli en zijn zoon: brieven van Multatuli aan J. van der Hoeven (uitgesoek en ingelei deur Menno ter Braak)
  • 1941 - Multatuli, Reisbrieven aan Mimi en andere bescheiden (onder redaksie van J. Pée)
  • 1942 - Brieven van Multatuli aan Mr Carel Vosmaer, R.J.A. Kallenberg van den Bosch en Dr Vitus Bruinsma. Documenten (onder redaksie van J. Pée)
  • 1944 - Keur uit de brieven van Multatuli (onder redaksie van J. Pée)
  • 1947 - Briefwisseling tusschen Multatuli en G.L. Funke (onder redaksie van G.L. Funke jr.)
  • 1947 - Brieven aan J. Waltman Jr. (met ’n inleiding deur en aantekeninge van Henri A. Ett)
  • 1948 - Multatuli-literatuur. Lijst der geschriften van en over Eduard Douwes Dekker (deur A.J. de Mare) (vergelyk ook Maatstaf, 1970, 677-773)
  • 1948 - Twee brieven uit Menado (met ’n inleiding deur en aantekeninge van Henri A. Ett)
  • 1979 - Liefdesbrieven (versorg en van aantekening en ’n nawoord voorsien deur Paul van ’t Veer) (ISBN 90-295-3205-X)
  • 1987 - Max Havelaar (uitgawe Willem Frederik Hermans)
  • 1987 - Multatuli-literatuur 1948-1977. Lijst der geschriften van en over Eduard Douwes Dekker (deur P.C. van der Plank)
  • 2001 - “Men moet van myn gestreken lans, een vlaggestok maken”: brieven van Multatuli en Tine Douwes Dekker aan de redersfamilie Smit (ingelei en van aantekening voorsien deur Chantal Keijsper et al.) (ISBN 90-76314-70-5)
  • 2006 - Woutertje Pieterse (verwerk en verkort deur Ivo de Wijs) (ISBN 90-76347-61-1)


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.