National Provincial Championship

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die National Provincial Championship ((af) Nasionale Provinsiale Kampioenskap) of NPC is die provinsiale rugbykompetisie in Nieu-Seeland. Sedert die aanvang van die kompetisie is die formaat en handelsmerk al talle kere verander. In 2006 is die kompetisie in 2 afdelings opgedeel: die ITM-beker (aanvanklik bekend as die Air New Zealand-beker) en die Heartland-kampioenskap. In 2011 is die boonste divisie opgedeel in twee vlakke wat gebaseer is op die 2010-seisoen se punteleër na die rondomtalie. Spanne 1-7 is toegeken aan die Premierskap en spanne 8-14 aan die Kampioenskap. Daar is outomatiese promosie-/relegasiewedstryde tussen die twee vlakke, “oorkruiswedstryde” en rondomtaliewedstryde binne elke vlak. Die Heartland-kampioenskap is ook opgedeel in twee vlakke na die rondomtaliegedeelte met die boonste vlak wat dan meeding om die Meadsbeker en die onderste vlak om die Lochorebeker. Al 26 Nieu-Seeland se provinsiale unies neem deel aan òf die ITM-beker òf die Heartland-kampioenskap. Die NPC is vir die eerste keer in 1976 gespeel en hoewel die basiese formaat vir die Eerste Divisie baie dieselfde gebly het tot 2006, was daar ’n aantal veranderinge aan die laer divisies.

Aanvanklik het die Eerste Divisie bestaan uit 11 spanne waarvan 7 van die Noordeiland en 4 van die Suideiland was. Die oorblywende unies het meegeding om ’n opgedeelde Tweede Divisie met twee spanne van elke eiland wat onder mekaar gespeel het. Die onderste span in die Eerste Divisie van die Suideiland het teen die wenner van die suidelike Tweede Divisie gespeel om promosie/relegasie terwyl die onderste span in die Eerste Divisie van die Noordeiland outomaties gerelegeer is.

Hierdie formaat het tot 1985 volgehou toe die gedeelde Tweede Divisie vervang is met ’n verenigde Tweede Divisie en ’n Derde Divisie. Die boonste en onderste spanne in elke divisie is elke jaar outomaties bevorder en gerelegeer.

In 1992 is drie spanne van die Eerste Divisie gerelegeer sodat daar 9 spanne in elke divisie sou wees. 1992 het ook ’n uitklopfase aan die einde van die toernooi meegebring — voorheen is ’n ligastelsel gebruik.

Auckland was die mees suksesvolle span in die NPC en het 15 van die 30 reekse gewen.

Die enigste verandering voor 2006 was in 1998 toe die aantal spanne verander is na 10 in die Eerste Divisie, 9 in die Tweede Divisie en 8 in die Derde Divisie. Die gelyke aantal spanne in die Eerste Divisie het die noodsaak van loslootjies uitgeskakel. Daardie jaar is die promosie-/relegasiewedstryde tussen die twee boonste divisies ook laat vaar. In plaas daarvan het die wenner van die Tweede Divisie ’n promosie-relegasiewedstryd teen die onderste span in die Eerste Divisie gespeel om te bepaal wie waar sou speel in die volgende seisoen. Tot 2002 het hierdie wedstryd plaasgevind op die tuisveld van die span in die Eerste Divisie maar is in 2003 verander na die tuisveld van die wenner van die Tweede Divisie.

Lys van NPC-wenners[wysig]

Jaar Eerste Divisie-wenner Tweede Divisie-wenner
Noordeiland Suideiland
1976 Bay of Plenty Taranaki Suid-Canterbury
1977 Canterbury North Auckland Suid-Canterbury
1978 Wellington Bay of Plenty Marlborough
1979 Counties Manukau Hawkesbaai Marlborough
1980 Manawatu Waikato Mid-Canterbury
1981 Wellington Wairarapa Bush Suid-Canterbury
1982 Auckland Taranaki Southland
1983 Canterbury Taranaki Mid-Canterbury
1984 Auckland Taranaki Southland
Jaar Eerste Divisie-wenner Tweede Divisie-wenner Derde Divisie-wenner
1985 Auckland Taranaki North Harbour
1986 Wellington Waikato Suid-Canterbury
1987 Auckland North Harbour Povertybay.png Povertybaai
1988 Auckland Hawkesbaai Thames Valley
1989 Auckland Southland Wanganui
1990 Auckland Hawkesbaai Thames Valley
1991 Otago Kcountry.png King Country Suid-Canterbury
1992 Waikato Taranaki Nelson Bays
1993 Auckland Counties Manukau Horowhenua
1994 Auckland Southland Mid-Canterbury
1995 Auckland Taranaki Thames Valley
1996 Auckland Southland Wanganui
1997 Canterbury Northland Marlborough
1998 Otago Central Vikings Mid-Canterbury
1999 Auckland Nelson Bays Ooskus
2000 Wellington Bay of Plenty Ooskus
2001 Canterbury Hawkesbaai Suid-Canterbury
2002 Auckland Hawkesbaai Noord-Otago
2003 Auckland Hawkesbaai Wanganui
2004 Canterbury Nelson Bays Povertybay.png Povertybaai
2005 Auckland Hawkesbaai Wairarapa Bush
Jaar Air NZ-beker-wenner Heartland-kampioenskap-wenner
Meadsbeker Lochorebeker
2006 Waikato Wairarapa Bush Povertybay.png Povertybaai
2007 Auckland Noord-Otago Povertybay.png Povertybaai
2008 Canterbury Wanganui Povertybay.png Povertybaai
2009 Canterbury Wanganui Noord-Otago
Jaar ITM-beker-wenner Heartland-kampioenskap-wenner
Meadsbeker Lochorebeker
2010 Canterbury Noord-Otago Wairarapa Bush
Jaar ITM-beker-wenner Heartland-kampioenskap-wenner
Permierskap Kampioenskap Meadsbeker Lochorebeker
2011 Canterbury Hawkesbaai Wanganui Povertybay.png Povertybaai
2012 Canterbury Counties Manukau Ooskus Buller

Nota: Van 1976 tot 1984 was daar geen Derde Divisie nie, maar die Tweede Divisie is opgedeel in die Noord- en Suideilandkompetisies. Van 1985 tot 2005 was daar drie divisies almal georganiseer op ’n landwye basis. Van 2006 tot 2010 was daar twee divisies van die Nasionale Kampioenskap, die ITM-beker (Air New Zealand-beker van 2006-2009) en die Heartland-kampioenskap. Van 2011 is die boonste divisie opgedeel in twee vlakke wat gebaseer is op die 2010-seisoen se punteleër na die rondomtalie. Spanne 1-7 is toegeken aan die Premierskap en spanne 8-14 aan die Kampioenskap. Daar is outomatiese promosie-/relegasiewedstryde tussen die twee vlakke, “oorkruiswedstryde” en rondomtaliewedstryde binne elke vlak. Die Heartland-kampioenskap is ook opgedeel in twee vlakke na die rondomtaliegedeelte met die boonste vlak wat dan meeding om die Meadsbeker en die onderste vlak om die Lochorebeker.

Sien ook[wysig]