Nelson Mandelabrug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Nelson Mandelabrug

Die Nelson-Mandelabrug in Johannesburg is die grootste kabelgesteunde brug in suidelike Afrika. Dit is geopen op 20 Julie 2003 en is 284 meter lank. Dit span oor 42 operasionele treinspore naby Parkstasie en verbind Braamfontein met Newtown in die hart van die stad se sentrale sakegebied.

Die assimetriese dubbel-spantoringkabelgesteunde brug bestaan uit 'n 66 meter noordspan, 'n 176 meter hoofspan en 'n 42 meter suidspan, wat 'n totale lengte gee van 284 meter.

Die noordelike spantoring is 42 meter hoog en die suidelike spantoring is 27 meter hoog wat 'n delikate balans skep en 'n interessante visuele aantrekkingskrag het. Die hoofspan is so lig as moontlik gebou met die gebruik van staal en 'n betonlaag dek terwyl die swaarder kantspanne gebou is van staalversterkte beton om te dien as teengewig vir die lang hoofspan.

Naastenby 4000 kubieke meter beton en 1000 ton strukturele staal is gebruik in die konstruksie van die brug, met naastenby 500 ton versterkte staal gegiet in die beton.

Verwysings[wysig]