Nicaraguameer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die Nicaraguameer vertoon
'n Uitsig oor die Nicaraguameer
'n vroeë ontwerp vir die Panamakanaal (bo) en die Nicaraguakanaal (onder) omstreeks 1888

Die Nicaraguameer of Cocibolcameer (Spaans: Lago de Nicaragua of Lago Cocibolca) is die grootste meer in Sentraal-Amerika en is in die suidweste van Nicaragua net noord van die grens tot Costa Rica geleë. Met 'n oppervlakte van 8 157 km² is dit die derde grootste meer in Latyns-Amerika ná die Maracaibomeer en die Titicacameer. In die noordooste van die Nicaraguameer is die hoofstad van Nicaragua, Managua, geleë.

Die Nicaraguameer is deur die Río Tipitapa met die Managuameer verbind en deur die Río San Juan met die Karibiese See. Net oos van die meer is die kus van die Stille Oseaan geleë. Daar is herhaaldelik oorweeg om die Karibiese See langs die Río San Juan en die Nicaraguameer met die Stille Oseaan te verbind. Die projek staan as die Nicaraguakanaal bekend en sal in direkte kompetisie met die Panamakanaal wees.