Maracaibomeer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Kaart wat die Maracaibomeer vertoon
Satellietbeeld van die Maracaibomeer
Die stad Maracaibo en die Maracaibomeer

Die Maracaibomeer (Spaans: Lago de Maracaibo) is met 'n oppervlakte van 13 512 km² die grootste meer in Suid-Amerika. Dit is 'n binnemeer in die noordweste van Venezuela net oos van die grens tot Colombia en is suid van die Golf van Venezuela en die Karibiese See geleë. Die meer is ná Maracaibo vernoem, Venezuela se belangrikste hawestad en tweede grootste stad, wat in die noorde van die Maracaibomeer lê.

In die 16de eeu is die Welser-kolonie Klein-Venedig rondom die meer gestig, 'n poging om die gebied te koloniseer. Die Maracaibomeer is veral belangrik vir Venezuela se olie-industrie, dié land se grootste ru-olieveld is in die ooste van die meer geleë.