Podsol

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Podsol.

Podsol (ook Spodosol) is die tipiese grondsoorte van die noordelike naaldboomwoude in byvoorbeeld Rusland en die gomboomwoude en vlaktes van Suid-Australië. Die naam is Russies vir "onder as" (под/pod=onder, зола/zola=as) en verwys waarskynlik na wanneer Russiese boere ’n vaal onderlaag wat arm aan minerale is, oopploeg wanneer hulle dié soort grond vir die eerste keer bewerk. Die grond kom voor in nat, koue gebiede soos Noord-Ontario en Rusland, asook in warmer gebiede soos Florida waar sanderige grond wisselende grondwatervlakke het.

Die meeste soorte podsol is nie baie geskik vir landbou nie. Sommige is sanderig en water dreineer vinnig; ander het vlak wortelvlakke en swak dreinering weens ’n harde laag onder die grond.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel [1]

Eksterne skakels[wysig]

  • Spodosols”. USDA-NRCS. URL besoek op 2006-05-14.
  • Spodosols”. Universiteit van Florida. URL besoek op 2006-05-14.
  • Spodosols”. Universiteit van Idaho. URL besoek op 2006-05-14.