Prinses Isabel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Prinses Isabel

Prinses Isabel (* 29 Julie 1846, † 14 November 1921) was die troonopvolger van Brasilië tydens die laaste dekades van haar vader, Pedro II se bewind en ook waarnemende vors. Met die beëindiging van die Monargie het sy die hoof van die Brasiliaanse Koningshuis geword en die de jure Keiserin van Brasilië.

Sy het drie keer as die vors van Brasilië opgetree tydens haar vader se afwesigheid uit die land. In die politiese geskiedenis van Brasilië was sy die eerste vroulike heerser in die na koloniaanse tydperk. in 1888 het sy die Goue Wet onderteken wat die algehele afskaffing van van slawerny in die Brasiliaanse ryk bewerkstellig het. Pous Leo XIII het die Goue Roos aan haar toegeken vir haar vroomheid en haar rol in die afskaffing van slawerny. in 1889 het die Brasiliaanse leër Pedro II omvergegooi tesame met die monargie en is haar kans op troonopvolging ook daarmee heen. Sy is op 14 November 1921 oorlede waar sy in Chateau d'Eu in Frankryk woonagtig was.