Proletkult

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Proletkult is 'n Russiese afkorting van пролетарская культура (proletarskaja kultura - proletariese kultuur). Die term verwys na 'n kultuur-rewolusionêre beweging van die Russiese Oktoberrewolusie.

Met die destydse Petrograd as sy bakermat, het hierdie beweging tussen 1917 en 1925 pogings onderneem om 'n kultuur van die nuwe heersende proletariese klas te skep wat geensins meer aan burgerlike invloede blootgestel sou wees nie. In kennisteoretiese opsig het aanhangers van Proletkult 'n radikale standpunt-teorie ingeneem. Hul hoofteoretikus was Aleksander A. Bogdanof (1873-1923), naas ander beduidende verteenwoordigers soos Anatoli W. Loenatsjarski (1875-1933), Aleksei Gastef, Fjodor Kalinin en Michail Gerassimof. Ten opsigte van die beeldende kunste was aanvanklik die konstruktivisme rigtingwysend, terwyl musiek en literatuur veral deur die futurisme beïnvloed is.