Puyi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Pu-yi
Keiser van Sjina
Pu-yi as keiser van die Manchu Qing-dinastie.
Pu-yi as keiser van die Manchu Qing-dinastie.
Regeer 2 Desember 1908 – 12 Februarie 1912
1 Julie 1917 – 12 Julie 1917
Volle naam Aisin-Gioro 'Henry' Puyi
Geboortenaam Aìxīnjuéluó Pǔ Yí
Titels Keiser van die Qing-dinastie
Gebore 7 Februarie 1906
Oorlede 17 Oktober 1967
Voorganger Guangxu
Opvolger Geen
Gades Wan Rong
Wen Xiu
Tan Yuling
Li Yuqin
Li Shuxian
Kinders Geen
Adellike huis Qing
Vader Zaifeng, 2de Prins Chun
Moeder Youlan, 2de Prinses Chun

Pu-yi (19061967) was die laaste keiser van die Qing-dinastie en derhalwe die laaste keiser van Sjina. Hy is in 1909 op driejarige ouderdom as keiser gekroon en het onder die naam Xuantong regeer tot sy abdikasie op 12 Februarie 1912. Hy is daarna weer vir 'n kort periode van 1 tot 12 Julie 1917 as keiser uitgeroep. In 1934 word hy deur die Japannese as die Kangde-keiser oor die vasalstaat van Mantsjoekwo (ook Mantsjoerye) aangestel, en regeer tot die einde van die Tweede Sjinees-Japannese Oorlog in 1945.

Beknopte biografie[wysig]

Die driejarige Pu-yi (regs) langs sy vader en jonger broer Pujie.

Aisin-Gioro 'Henry' Puyi (Sjinees: 愛新覺羅•溥儀 / 爱新觉罗•溥仪 , Aìxīnjuéluó Pǔ Yí) is op 7 Februarie 1906 in Beijing gebore. Hy word in 1909 op driejarige ouderdom as keiser gekroon nadat beide sy ouers oorlede is. Sy vader was Zaifeng Prins Chun II. Hy het nie sy moeder geken nie en is deur eunugs grootgemaak.

Die Xinhai-rewolusie breek in Oktober 1911 uit en Pu-yi doen op 12 Februarie 1912 afstand van die troon. Hy bly amptelik tot 1924 die keiser, maar was in der waarheid 'n gevangene in die Verbode Stad.

In 1917 word Pu-yi opnuut as keiser van Sjina uitgeroep nadat Zhang Xun, een van die krygshere, daarin slaag om die Sjinese hoofstad Beijing te verower. Hy probeer die keiserryk herstel deur Pu-yi weer op die troon te plaas. Twaalf dae later word die keiserryk deur 'n ander krygsheer, generaal Duan Qirui, tot 'n val gebring en moes Pu-yi weer van die troon afstand doen.

Tydens die Japannese besetting stig die Japannese die vasalstaat Mantsjoekwo. Om die bevolking ter wille te wees behou hulle Pu-yi as kieser, maar hy het weinig mag gehad en was slegs 'n marionet van die Japannese gewees.

Aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog is Pu-yi deur die Rooi Leër gevang en na die Sowjetunie geneem. In 1950 is hy deur die Sowjet-owerhede na die kommunistiese regime van Mao oorgedra en gearresteer omdat hy saam met die Japannese besetters gewerk het. Hy word in 'n heropvoedingskamp vir oorlogskriminele in Shenyang en later Harbin geïnterneer. In Desember 1959 verkry hy amnestie van Mao Zedong, waarna hy persoonlik deur premier Zhou Enlai ontvang is.

'n Geruime tyd later word hy die tuinier in die botaniese tuin van Beijing. In 1964 publiseer hy sy outobiografie; 'Van keiser tot burger' (From emperor to citizen).

Hy is op 17 Oktober 1967 as 'n vrye man in Beijing aan kanker oorlede. Alhoewel hy vyf keer getrou het, het hy geen kinders gehad nie.

Pu-yi se lewensverhaal is deur die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci, as L'Ultimo Imperatore (1987) (The Last Emperor) verfilm.

Keiserin Wan Rong saam met Pu-yi in Tianjin.

Harem[wysig]

  • Wan Rong (1906 - 1946) was Pu-yi se eerste vrou. Sy was die keiserin, alhoewel nie amptelik nie.
  • Wen Xiu (1909 - 1953).
  • Tan Yuling (1920 - 1942) trou met Pu-yi tydens sy heerskappy in Mantsjoekwo. Sy oorleef onverwags nadat sy deur 'n Japanse dokter geopereer is.
  • Li Yuqin (1927 - 2001).
  • Li Shuxian (1925 - 1997).

Eksterne skakels[wysig]