Raúl Castro

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Raúl Castro
Raúl Castro

de facto President van Kuba
Ampsbekleër
Ampsaanvaarding
24 Februarie 2008
Waarnemend van 31 Julie 2006 tot 24 Februarie 2008
Vise Eerste vise-president:
José Machado Ventura
Ander vise-presidente:
Julio Cesas Regueiro
Esteban Lazo Hernández
Carlos Lage Dávila
Abelardo Colomé
Voorafgegaan deur Fidel Castro

Vise-president van Kuba
Ampstermyn
2 Desember 1967 – 22 Februarie 2008
President Fidel Castro
Voorafgegaan deur Nuut geskep
Opgevolg deur José Machado Ventura

Sekretaris-generaal van die Nie-Geallieerde Beweging
Ampstermyn
16 September 2006 – 16 Julie 2009
Voorafgegaan deur Fidel Castro
Opgevolg deur Hosni Mubarak

Persoonlike besonderhede
Geboorte 3 Junie 1931
Birún, Holguín Provinsie, Kuba
Politieke party Kommunistiese Party van Kuba
Eggenoot/eggenote Vilma Espín (1959 - 2007)
Kind(ers) Deborah Castro-Espín
Mariela Castro-Espín
Nilsa Castro-Espín
Alejandro Castro-Espín
Handtekening Raul Castro Signature.svg

Raúl Castro Ruz (gebore 3 Junie 1931) is die tweede mees senior lid van die Kubaanse Staatsraad. Die jonger broer van die Kubaanse President Fidel Castro, is aangestel as die eerste visepresident van die Kubaanse Staatsraad, visepresident van die Raad van Ministers, ondersekretaris van die Politburo en Sentrale Komitee van die Kommunistiese Party van Kuba en senior generaal van die Kubaanse gewapende magte (leër, vloot en lugmag), tweede in bevel na die opperbevelvoeder Fidel Castro.

Op 31 Julie 2006, word Raúl Castro tydelik in die pos van president van die Kubaanse Staatsraad aangestel weens Fidel Castro se ongesteldheid. Volgens Artikel 94 van die Kubaanse grondwet sal die eerste visepresident van die Kubaanse Staatsraad die presidensiële verantwoordelikhede oorneem indien die president siek sou word of sterf.