Ravenna

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ravenna
PiazzaDelPopolo01.jpg

Kaart Wapen
Map Province of Ravenna.svg
CoA civ ITA ravenna.png
Vlag
Flag of None.svg
 Land Vlag van Italië Italië
 Region Flag of Emilia-Romagna.svg Emilia-Romagna
 Provins Ravenna
 Koördinate 44°25′N 12°12′O
 Stigting Omstreeks 600 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 652 vk km
 Hoogte bo seevlak 4 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2011) 159 692
 - Bevolkingsdigtheid 245/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 Somertyd UTC +2 (MEST)
 Burgemeester Fabrizio Matteucci
 Amptelike Webwerf comune.ravenna.it
Graftombe van Theodorik die Grote in Ravenna

Ravenna is die hoofstad en grootste stad van die provinsie Ravenna in die streek Emilia-Romagna in Italië. Die stad het 'n bevolking van 159 692 in 2011 gehad en het 'n oppervlakte van 652 km². Die stad is 'n vroeëre hawestad, wat destyds aan die Adriatiese See geleë was. Vandag is Ravenna egter sowat 9 km van die kus af. Die stad is veral bekend om sy verskeie monumente uit die laat antieke tydperk en die vroeë Middeleeue. Die vroeë Christelike Monumente van Ravenna is in 1996 deur UNESCO as wêrelderfenisgebied gelys.

Tussen 402 en 476 het Ravenna as hoofstad van die Wes-Romeinse Ryk‎‎ onder die laaste keisers gedien. Daarop is die stad deur Gote verower. In 540 het Oos-Romeinse troepe onder Belisar die stad vir keiser Justinianus I ingeneem en in 751 het die Lombarde die stad oorwin.

Eksterne skakels[wysig]