Robbie Wessels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Robbie Wessels
Geboortenaam Robert Albert Wessels
Geboorte 30 Oktober 1980
Kroonstad, Suid-Afrika
Beroep(e) Sanger, akteur, liedjieskrywer
Instrument(e) Stem
Webwerf robbiewessels.co.za
Portal.svg Musiekportaal
Robbie Wessels
Naam Robert Albert Wessels
Alias Poena
Geboorte 30 Oktober 1980
Kroonstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) akteur, sanger, liedjieskrywer
Noemenswaardige
rolprent(e)
Poena is Koning (rolprent)

Robert Albert Wessels (gebore 30 Oktober 1980 op Kroonstad) is 'n bekende Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2005 deur Huisgenoot aangewys as Beste Nuweling in die Afrikaanse Musiekbedryf, en in 2006 is sy liedjie Leeuloop deur Huisgenoot aangewys as die Liedjie van die Jaar[1].

Biografie[wysig]

Wessels is op 30 Oktober 1980 op Kroonstad gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Strand waarna hy drama aan die Technikon Pretoria (tans die Tshwane-Universiteit van Tegnologie) studeer. Hy verwerf sy diploma in 2002 waarna hy die vermaaklikheidswêreld aandurf. Kort daarna kry hy die geleentheid om die rol van Anton in RSG se radioverhaal Blinkwater te vertolk. Sy eerste televisierol was dié van Poena in die program Gauteng-alêng-alêng.

Diskografie[wysig]

Wessels het die volgende albums uitgereik:

  • Kaalvoet, 2011
  • Afrika Sonsak, 2009
  • Halley se Komeet, 2007
  • My Vissermanvriend se Pa, 2005

Filmografie[wysig]

Rolprente waarin Wessels speel:

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Robbie Wessels: 'n Bietjie Stout, besoek op 5 Augustus 2008

Eksterne skakels[wysig]