Robert Smith

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Robert Smith
Robertsmith.jpg
Robert Smith op die Southside-fees 2004.
Geboortenaam Robert James Smith
Geboorte 21 April 1959
Blackpool, Engeland (VK)
Beroep(e) Musikant, liedjieskrywer, vervaardiger
Genre(s) New wave
Instrument(e) Stem, kitaar, sintetiese klavier, klavier, baskitaar, viool, trompet
Aktiewe jare 1976 — hede
Assosiasies The Cure, Siouxsie & the Banshees, The Glove, Easy Cure, Malice
Portal.svg Musiekportaal

Robert James Smith (* 21 April 1959 te Blackpool, Engeland) is 'n Engelse kitaarspeler, sanger en liedjieskrywer. Hy is die bekendste daarvoor vir sy rol as voorsanger en hoof liedjieskrywer vir die groep The Cure, waarvan hy ook die enigste konstante lid is sedert die groep se tot standkoming in 1976. NY Rock noem hom "popkultuur se slordige plakkaatkind van ondergang en droewigheid" en beskryf sy liede as "sombere introspeksie oor weelderige, broeierige kitare".[1] Smith is 'n multiïnstrumentalis en kan die kitaar, baskitaar, kontrabas, sintetiese klavier, dwarsfluit en trompet bespeel. Sy kenmerkende en ingewikkelde kitaarspel, kitaarstemming, en innoverende gebruik van flangering- en faseringeffekte het daartoe gelei dat hy as een van die pionierkitaarspelers van die new wave-musiekgenre geag word.

Verwysings[wysig]

  1. Robert Smith op Craziness, Commercialism and Cure by Numbers (NY Rock-onderhoud)

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Robert Smith (kategorie)