Roofarend

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Roofarend
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Accipitriformes
Familie: Accipitridae
Genus: Aquila
Spesie: A. rapax
Binomiale naam
Aquila rapax
(Temminck, 1828)
Sinonieme
Aquila rapax rapax

Die roofarend (Aquila rapax) is 'n groot roofvoël wat, nes alle ander arende, tot die familie Accipitridae behoort. In die verlede is gedink dat die voël nou verwant is aan die Steppe-arend, Aquila nipalensis, en die twee was voorheen as dieselfde spesie beskou. Later is 'n skeiding gemaak, gebaseer op duidelike verskille in die twee arende se morfologie en anatomie (Clark, 1992; Olson, 1994; Sangster et al., 2002).

Identifikasie[wysig]

'n Roofarend is ongeveer 62–72 cm in lengte en het 'n vlerkspan van 165–185 cm. Dit is 'n groot arend met 'n geelbruin bolyf en donkerbruin tot amper swart vere op sy vlerke en stert. Die laer-rug is bleek in vergelyking met die res van die voël. Onvolwasse voëls het nie dieselfde kontras in kleur as die volwassenes nie.

Habitat[wysig]

Roofarende verkies 'n droë habitat, soos woestyne of savannas, waar hulle hul neste meestal in bome bou, maar ook op steil rotse of op die grond as dit moet.

Verspreiding[wysig]

Die voël kom voor in die meeste dele van Afrika, beide noord en suid van die Sahara-woestyn en ook in die tropiese gebied van Suidwes-Asië tot en met Indië.

Voortplanting[wysig]

Die wyfie lê 1 tot 3 eiers in 'n nes wat uit stokkies gebou is.

Dieet[wysig]

'n Roofarend

Die roofarend se dieet bestaan hoofsaaklik uit enige soort vars aas. Die roofvoël sal ook klein soogdiere vang (nie groter as 'n haas nie), of klein reptiele of voëls (nie groter as 'n tarentaal nie). Die voëls steel ook graag ander roofvoëls se kos.

Geluid[wysig]

Alhoewel die roofarend oor die algemeen 'n stil voël is, is hy wel in staat tot 'n kraai-agtige geblaf.

Ander name[wysig]

  • Engels: Tawny Eagle
  • Wetenskaplike naam: Aquila rapax

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]

  • IUCN Red List of Threatened Species, inskrywing vir Aquila rapax.
  • Clark, W. S. (1992): The taxonomy of Steppe and Tawny Eagles, with criteria for separation of museum specimens and live eagles. Bulletin of the British Ornithologists' Club 112: 150–157.
  • Olson, Storrs L. (1994): Cranial osteology of Tawny and Steppe Eagles Aquila rapax and A. nipalensis. Bulletin of the British Ornithologists' Club 114: 264–267.
  • Sangster, George; Knox, Alan G.; Helbig, Andreas J. & Parkin, David T. (2002): Taxonomic recommendations for European birds. Ibis 144(1): 153–159. Hier verkrygbaar in PDF-formaat