Samora Machel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Samora Mache

President van Mosambiek
Ampstermyn
25 Junie 1975 – 19 Oktober 1986
Voorafgegaan deur Geen
Opgevolg deur Joaquim Chissano

Persoonlike besonderhede
Geboorte 29 September 1933
Madragoa, Mosambiek
Sterfte 19 Oktober 1986
Mbuzini, Suid-Afrika
Politieke party FRELIMO
Eggenoot/eggenote Sorita Tchaicomo, Irene Buque, Josina Mutemba, Graça Simbine
Religie Ateïs
Samora Machel

Samora Machel Moisés (29 September 1933 - 19 Oktober 1986) was die president van Mosambiek en die leier van FRELIMO (Bevrydingsfront van Mosambiek). Hy het die land vanaf sy onafhanklikheidswording op 25 Junie 1975 tot sy dood op 19 Oktober 1986 gelei. Sy presidensiële vliegtuig het in bergagtige terrein op die grens tussen Mosambiek, Swaziland en Suid-Afrika neergestort. Machel is op 28 Oktober begrawe en is deur pres. Joaquim Chissano opgevolg. Hy was met Graça Machel getroud, wat later met Nelson Mandela getrou het.

Eksterne skakels[wysig]