Somerdriehoek

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Somerdriehoek

Die Somerdriehoek is 'n eenvoudige, maar nogtans sigbare sterrepatroon of asterisme van drie sterre aan die noordelike sterrehemel. Op someraande is dit die opvallendste sterrepatroon aan die naghemel.

Die Somerdriehoek word in die somer reeds kort ná sononder aan die naghemel van die Noordelike Halfrond in 'n suidelike rigting sigbaar. Ondanks die sogenaamde ligvervuiling kan dit selfs in groter stedelike gebiede en ook deur ligte sluierwolke maklik gesien word.

Die beeld bestaan uit die sterre

  • Vega, in die sterrebeeld Lier
  • Deneb, in die sterrebeeld Swaan
  • Altair (soms ook Atair genoem) in die sterrebeeld Arend

Navorsers glo die oudste bekende afbeelding van die Somerdriehoek kom in die grotskilderye van Lascaux, Frankryk, voor.